Plasings

Wys tans plasings vanaf 2016

'n Nuwe boek!

Prent
Goeie nuus! ʼn Pragtige, glansbladsy boek, met een en twintig van Blog vir Jesus se gewildste plasings is nou beskikbaar! Net betyds vir Kersfees! (Of sommer net om jouself te bederf, hoekom nou nie?) Uit Hom deur Hom tot Hom, uitgegee deur Biblaridion , bevat die volgende plasings: Om te weet Jou droom Kaalvoet deur die wildernis ʼn Brief vir Ma ʼn Woord Altyd betyds Brood van die lewe ʼn Brief aan my kind Hoe oud is jy Herders ʼn Uitdaging Onverklaarbaar Wortels Al my familie Met die grootste liefde Krag in gebed Nuttelose wapens Alles tot eer van… myself Alles tot eer van… God Ek is bly! Is jy Geestelik? Die boek kan direk by my bestel word. Voltooi net die kontakvorm op hierdie bladsy en sluit die volgende inligting asseblief in:  ʼn Posadres en die hoeveelheid boeke wat jy wil bestel.  Die prys per boek is R65,00 en geen posgeld sal gevra word nie.  Alternatiewelik kan jy ʼn e-pos stuur na madeleinev1010@yahoo.com .

God maak op jou staat

Prent
Dit was ʼn baie belangrike boodskap wat Dick King moes oordra aan die bevelvoerder in Grahamstad. Versterking vir die troepe was dringend nodig. Mense se lewens was op die spel. Binne slegs tien dae het hy ʼn afstand van 965km te perd afgelê deur die ongerepte Natalse landskap. Hy het homself net ʼn paar ure slaap elke aand gegun. Meer as een keer was hy in doodsgevaar. Hy was honger en uitgeput. Maar hy kon nie moed opgee nie en daar was nie sprake van omdraai nie. Die boodskap wat aan hom toevertrou is, was te belangrik. Mense het op hom staat gemaak en hy was indirek verantwoordelik vir hulle lewens. Min van ons moes al ʼn boodskap oordra wat die verskil tussen lewe en dood gaan maak, maar ek is seker daarvan almal wat hier lees moes al een of ander tyd ʼn belangrike boodskap oordra. As iemand ʼn boodskap aan jou toevertrou het, is dit jou verantwoordelikheid om seker te maak die boodskap word oorgedra. Elke weergebore Christen loop egter met die belangrikste boodskap van alle ty

Rus

Prent
Gedurende hierdie tyd van die jaar moet ‘n mens behoorlik hare op jou tande hê. Daar is n berg van goed wat moet klaar kom. Geïrriteerde kolegas, base en kliënte vir wie die jaar nou lank genoeg was. Eind-eksamens. Jaarend-funksies. Die lys gaan net aan en aan. “Silly season”  is op ons. Maar ons besige lewens kan nie net tot een seisoen beperk word nie. Elke dag is ‘n gejaag. Ons jaag om betyds by die werk te kom. Jaag om ‘n taak af te handel. Jaag winkel toe voor die deure toemaak. Jaag om aandete klaar te kry. Jaag almal langs die etenstafel aan. Jaag ons kinders se gesprekke aan. Dan jaag ons almal bed toe sodat ons more oggend verder kan jaag. Ek is seker daarvan julle sal met my saam stem. Ons het rus nodig. Maar nie net ons liggame nie… ons siele moet rus. Dink aan jou siel as die spil waarom ‘n wiel draai. As die spil nie stilstaan nie, kan die wiel nie behoorlik draai nie. Die spil moet doodstil wees sodat die wiel teen topspoed kan draai. Net so is ons lewens

Is jy Geestelik?

Prent
Daar word vertel dat die teoloog, John Wesley, as klein seuntjie eenkeer vir sy ma gevra het wat presies sonde is. Haar antwoord was die volgende: “Anything that puts the carnal man above the spirit man. Anything that increases the authority of the flesh .” Sjoe, dit is omtrent ʼn mondvol! Maar dit is vir my ʼn baie akkurate opsomming van wat sonde is. In Gal. 5:19,26 lys Paulus al die praktyke van ons sondige natuur en waarsku ons dat diegene wat hulle aan hierdie dinge skuldig maak nie die koninkryk van God as erfenis sal kry nie. Maar vir ons wat aan Christus behoort, is daar hoop. Ons het die sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes saam met Christus gekruisig. (Gal. 5:24) Dit gebeur met die wedergeboorte. Dit is ʼn wonderwerk, iets wat ons nie uit ons eie kan regkry nie. Waaroor ek egter vandag wil skryf is die “ spirit man ” waarvan John Wesley se ma gepraat het. Wat beteken dit om Geestelik te wees? Dit beteken doodeenvoudig om jou lewe deur die Heilige Ge

God se hart in Sy Woord

Prent
Ons almal weet dat die Bybel oorspronklik in Hebreeus geskryf is. Dit is egter nie geskryf in die moderne Hebreeus van vandag nie, maar in ʼn antieke Hebreeus wat bestaan het uit prentjies. Elke prentjie het spesifieke betekenisse gehad. Hier is ʼn voorbeeld van die eerste letter van die Hebreeuse alfabet: Elke letter het ook ʼn numeriese waarde. Daar is dus die antieke Hebreeuse prentjies met hulle betekenisse en ook spesifieke nommers wat in ag geneem moet word as ons na Hebreeuse woorde kyk. Hier is die volledige Hebreeuse alfabet, met elke letter se antieke Hebreeus en numeriese waarde (onthou om van regs na links te lees): Daar is egter nog een baie belangrike ding wat in ag geneem moet word as ons na die oorspronklike, Hebreeuse Bybel kyk en dit is dat elke woord deur God self geïnspireer is! (2 Tim. 3:16) As ons nou op só ʼn manier na party van die oorspronklike Hebreeuse woorde in die Bybel kyk, het ons ʼn kosbare openbaring van wat die werklike, God geïnspi

Ek is bly!

Prent
Ons almal ken Filippense 4:4, want hy sing so lekker. Maar wat beteken dit nou eintlik om jou in die Here te verbly? Hoe vind jy jou vreugde in God en hoe kan jy altyd bly wees? Ek dink aan Ps. 37:4: “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” En aan 1 Tes. 5:16-18 wat sê: “Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” Dalk sal dit help as ons mooi verstaan waaroor ons bly moet wees. Watter rede het ons om bly te wees in Christus? Kom ek vertel ʼn storie wat jou dalk sal help om te verstaan watter groot rede ons het om bly te wees… My dogtertjie het onlangs geleer waarom daar ʼn reël is wat sê, jy mag nie klippe gooi nie. Sy het die reël oortree en ʼn motor se agterruit stukkend gegooi. Niemand het dit sien gebeur nie, maar sy het erken dat dit sy was en het baie sleg gevoel. Glo my, daar was nie min trane nie. Maar, al het sy die regte ding gedoen deur haar skuld

Alles tot die eer van God

Prent
“Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. Al die gebooie; jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie, of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.” Rom 13: 8-10 Jesus se lewe op aarde het bestaan uit liefhê en dien. Behalwe vir die evangelie, is dit onder andere ook die boodskap wat Hy verkondig het. Dit is Sy woorde. Dit is die wet van Sy koningryk. En, daar is wonderlike beloftes wat hiermee saamgaan! Die belofte van versorging en beskerming “Is dit nie dat jy vir die wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ʼn blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens

Alles tot die eer van... myself

Prent
Waarom steel mense by mekaar? Waarom bedrieg mense mekaar? Waarom is hulle afgunstig, skinder hulle en word egbreuk gepleeg? Waarom respekteer hulle nie mekaar nie? Waarom moor hulle? Waarom word mense kwaad vir God? Verloën hulle Hom? Vergeet hulle Hom? Ontken hulle Hom? Want sonde kan opgesom word in een woord: Self-eer  “Dit is my reg om in ʼn groot huis te bly, ʼn duur motor te ry en die nuutste tegnologie te hê.” “Ek verdien hierdie bevordering want ek is baie slimmer en baie beter opgelei” “My eie vrou laat my nie so goed oor myself voel soos daardie vrou nie.” “Wie is jy dat ek na jou moet luister of jou gevoelens in ag moet neem? Wat kan jy vir my doen?” “Jy het my te na gekom, jy het wat ek wil hê, so jy verdien nie om te leef nie…” “Hoe kon God so iets met my laat gebeur?” “Almal gaan my snaaks aankyk as ek nou bid.” “Hierdie sportbyeenkoms is baie belangriker as om kerk toe te gaan Sondag, want ek verloor dalk my plek in die span as ek nie d

Nuttelose wapens

Prent
Was jy ook al in ʼn situasie waar die een na die ander krisis opduik wanneer jy dit die minste nodig het? Of, partykeer voel dit net asof die een slegte ding na die ander met jou gebeur. Soms is hierdie krisisse net groot genoeg om jou behoorlik te irriteer, maar baie keer is dit ernstiger dinge, iets wat dalk ʼn impak op die res van jou lewe kan hê. Irritasie is aansteeklik, dit veroorsaak konflik. Dit kan mense dinge laat sê of doen wat eerder maar moes gebly het. Jy probeer hard om geduldig te bly of nie op te gee nie, maar, dit is kompleet asof iemand aanhou stamp totdat jy oor die afgrond tuimel. Dit is aanslae van die vyand, wapens wat teen jou opgerig word om God se planne in die wiele te ry. Paulus skryf dat ons ʼn stryd voer teen bose magte (Eph 6:12). Nee, dit is nie een of ander ekstreme idee waarmee ek nou uitval nie. Dit staan in die Bybel. Daarom skryf hy ook verder dat ons die volle wapenrusting van God moet aantrek sodat ons weerstand kan bied in die dag van o

Krag in gebed

Prent
Bid. Dit is ʼn woord wat Christene goed ken en maklik gebruik. “Bid asseblief vir so en so.” “Ek sal vir jou bid.” “Kom ons bid saam.” As jy in ʼn Afrikaanse, Christen huis groot geword het, was dit deel van jou grootword taal. So deel van ons taal is die woord ‘bid’ dat ons dit soms gebruik sonder om te dink en sonder om dit deur te voer. Maar in Jakobus 5:16 (Ou Vertaling) lees ons van ʼn ander tipe bid. Dit is die vurige gebed van ʼn regverdige, wat groot krag het. Kom laat ons eers seker maak oor die woord ‘regverdige’ . As jy met vrymoedigheid die heiligdom van God kan betree omdat jy vrygespreek en skoon gewas is deur die bloed van Jesus Christus, is jy ʼn regverdige (Heb 10: 19-22, 2 Cor 5:21, Rom 5:1-2). Jy word nie ʼn regverdige deur eie werke nie (Is 64:6, Eph 2: 8-10). Jy moet berou toon, ophou sonde doen en weergebore word (John 3:3, 1 Pet 1:23). Nou die woord ‘vurige’ . Die oorspronklike Griekse woord vir ‘vurige’ in hierdie geval was ‘energeō’ wat volgen

Met die grootste liefde

Prent
Liefste God… Here Jesus. Ek is so lief vir U. Met ʼn liefde wat my hart vol maak en oor my lippe stroom. Strome van lewende water. Kan my liefde met U liefde vergelyk word? Dit oorweldig my. U liefde. Onvoorwaardelik. Onbeskryflik. U het toegelaat dat U heilige bloed op die grond val. Dorstig ingesuig word deur die stof wat U geskape het. Geslaan. Gespoeg. Gespot. Deur die mense wat u aanmekaar geweef het. Liefde vir die man wat die hammer en die spyker vashou. Liefde vir die mense wat hulle kele hees skree in haat. Liefde vir die een wat die spies in U sy steek. Binne drie jaar verander U die mensdom vir ewig. Binne drie dae die lot van duisende siele. Wat ʼn voorreg om deel te wees van daardie duisende siele wat in alle ewigheid nooit verlore sal gaan nie! Hoe kan ek dan anders as om U te prys? Hoe kan ek dan nie my lewe vir U gee nie? Hoe kan ek stilbly? Hoe sê ek dankie?  Foto geneem by die Tuingraf in Jerusalem

Al my familie

In een van  The Gospel daily   se dagstukkies , het ek iets gelees wat my laat dink het en wat ek graag met julle wil deel. Dit gaan oor familie. Almal van ons ken die sêding: “Jy kan jou vriende kies maar nie jou familie nie.” Ja, dit is waar. En dit is ‘n lekker sêding om te gebruik as daar familielede is waarop jy dalk nie so baie trots voel nie. Dan is daar die bietjie meer familiegunstige een: “Bloed is dikker as water.” Ek hou van hom. Dit beteken jou familie sal altyd jou kant kies. In die dagstukkie word die stelling gemaak dat daar eintlik drie soorte familie is. Daar is jou bloedfamilie, die een wat jy nie kan kies nie maar wat altyd jou kant sal kies. Dan is daar jou familie in Christus. Romeine 8:29 is een van die verse in die Bybel wat sê dat ons almal broers (en susters) is. Die derde soort familie is daardie vriende wat soos familie is. Spreuke 18:24 praat van so ʼn vriend. So wat is nou eintlik my punt? Wel ek het ʼn bietjie gaan dink hieroor en besef dat ʼn m

Wortels

Prent
“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor…” is nie net ʼn Afrikaanse spreekwoord nie. Dit staan in die Bybel (Mat 12:33-35). Dit is iets wat Jesus ges ê  het. En dit beteken meer as net mooi praat of vloek. Jy sien, in jou hart l ê  die wortels.   Goeie-boom-wortels, of slegte-boom-wortels. Dalk selfs al twee. Die probleem is net dat slegte-boom-wortels die geneigdheid het om goeie-boom-wortels te verdring. Hulle groei ook altyd weer uit. Selfs al word die slegte boom afgekap. So eenmaal in elke drie of vier jaar, vaar ʼn span mense met kettingsae, die groenbelt langs ons huis in. Hulle doel? Om die Swartwattelbome uit te roei. Vir ʼn dag lank word daar gesaag en gekap en geswoeg en teen sonsondergang is die kloof uiteindelik skoon. Maar, daar is ʼn rede waarom hulle elke drie of vier jaar moet terugkom. Die bome is skaars af, of nuwe lote begin uit die stompe groei. Moet ook nie dink ʼn verwoestende veldbrand gaan hulle keer nie. Nee, d á n groei hulle eers! Wat is die

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *