Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2019

Hou kop bo water

Prent
Christene word nie vrygespreek van probleme nie. Net soos elke ander mens op Aarde bevind ons onsself soms in lewensstorms. Probleme, rampe en siektes is alles die gevolg van die sondeval. Ons lees in die Bybel dat die duiwel die heerser oor die wêreld is. Hy is die vader van leuens en hy is daarop uit om te steel, te moor en te verwoes. (Rev. 12:9, John. 14:30, Luke 4:5-6, John 10:10, John 8:44, John. 12:31, 2 Cor. 4:4, James 4:4, 1 John 2:16) Maar, die goeie nuus is: “Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.” (Col. 1:13) Het jy mooi gelees? As Christen is jy nie meer onder die mag van die duisternis nie! Al woon jy in die wêreld is jy nie van die wêreld nie. Nee, as kind van God is jy onder ʼn nuwe heerskappy! Jy is nou ʼn burger van God se koninkryk. Dit beteken dat die wêreld se probleme jou nie gaan onderkry nie want Jesus, onder wie se heerskappy jy nou leef, het die wêreld oorwin! (Joh.

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *