Plasings

Wys tans plasings vanaf 2018

Lewenswater

Prent
Lees ʼn bietjie die volgende twee versies met aandag en let op die duidelike verband tussen hulle. In die eerste, uit die Ou Testament, word van God gepraat en in die tweede, uit die Nuwe Testament, word verwys na Jesus: “U is die bron van die lewe, deur U lig lewe ons.” Ps. 36:9-10 “In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.” Joh. 1:4 Is dit nie inderdaad ʼn onweerlegbare bewys dat Jesus God is nie? Daar is ʼn paar sulke verse uit die Ou en die Nuwe Testament wat met mekaar verband hou en wat bewys dat Jesus God is, maar waarop ek in hierdie plasing wil fokus is die titel: Bron van die lewe. Ons lees in Jer. 17:13 dat dié wat vir God verlaat, die bron van die lewe verlaat en in Jer. 2:13 kla God die volk aan: “My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.” Dit klink soos ʼn baie dom keuse om te maak. Waarom sal ʼn

Doen jou deel

Prent
In my vorige plasing, Bondgenoot van die Almagtige , het ek vertel hoe God sy deel van die Nuwe Verbond nakom. Nou is dit tyd om te kyk wat ons moet doen om ons deel van die verbond na te kom. Aangesien baie van my vorige plasings verband hou met die punte wat ek uitlig, het ek ook skakels na daardie spesifieke plasings ingevoeg. So, wat staan ons te doen as bondgenote van die Almagtige? Wat maak ons anders as die wêreld? Liefde Dit is ʼn opdrag direk uit Jesus se mond: “Julle moet mekaar liefhê.” En nie sommer net ʼn opdrag wat ons ligtelik kan opneem nie. Nee, Jesus noem dit ʼn nuwe gebod. Die grootste gebod. ʼn Wet. Daar was baie wette wat nagekom moes word onder die Ou Verbond. Onder nie Nuwe Verbond het ons net een wet wat ons moet nakom en dit is liefde (John 13: 34-35, Mark 12:30-31, 1 Cor. 13, Rom. 5:5). God se hart in sy Woord 'n Lening aan God Alles tot die eer van... myself Alles tot die eer van God Herders Beywer jou vir God se koninkryk

Bondgenoot van die Almagtige

Prent
Lees asseblief die Bybelverse in hakkies deur met jou muis daaroor te sweef, (as jy op ʼn foon of tablet lees, tik jy op die vers om dit oop te maak en dan net weer elders op die bladsy om dit toe te maak.). God se Woord is my maatstaf. As ek nie ʼn stelling wat ek maak uit die Woord kan staaf nie, sal ek dit nie neerskryf nie. Lees die verse. Dit sê baie meer as wat ek ooit sal kan. Ons almal weet dat die woorde “Nuwe Testament” eintlik “Nuwe Verbond” beteken. Maar weet ons wat hierdie Nuwe Verbond behels? Jou geloof sal sommer vervierdubbel as jy werklik besef wat dit beteken om in ʼn Nuwe Verbond met God te staan! Eerstens moet ons kyk na wat presies ʼn verbond nou eintlik is. In ons Westerse kultuur is ons nie heeltemal vertroud met die ware betekenis van ʼn verbond nie. Die mense wat 2000 jaar gelede geleef het, het die betekenis van ʼn verbond baie beter verstaan as ons. Dit is ʼn baie ernstige, onbreekbare ooreenkoms, beseël deur bloed, tussen twee of meer partye. Daar

Nuwe mens... meesterstuk!

Prent
Jy, liewe Christen, is weer gebore en nuut oor geskape. Daardie dag toe jy gesê het: “Ja, ek glo Jesus Christus is die Seun van God wat die prys vir my sondes betaal het en ek aanvaar Hom as my Verlosser en Here,” daardie dag het die Vader ʼn nuwe mens gemaak. Gebore uit onverganklike saad (1 Pet. 1:23). In die Amplified Bible lees ons: “For we are His workmanship (His own masterwork, a work of art), created in Christ Jesus (reborn from above—spiritually transformed, renewed, ready to be used)…” (Eph. 2:10a AMP) Nog voordat die wêreld geskape is, het Hy jou uitgekies en afgesonder (Eph. 1:4). Nou het Hy jou nuut oor geskape sodat jy heilig kan wees en jou lewe kan wy aan jou roeping en aan die goeie dade waarvoor hy jou gekies het (Eph. 2:10, Eph. 4:1, Phil. 2:13). Ja, jy het ʼn roeping, jy het ʼn spesiale plek en taak in Jesus se Koninkryk! Daar is goeie dade wat gedoen moet word en waarvoor jy spesiaal gekies is! Ons staan aan die begin van ʼn splinternuwe jaar.

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *