Plasings

Wys tans plasings vanaf 2019

10 Redes waarom ek, as Christen, waardevol is

Prent
Ek is waardevol, want Jesus het my gekoop met Sy bloed Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie.  Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. – 1 Pet. 1:18-19 Ek is waardevol, want Jesus het my Syne gemaak Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. – Phil. 3:12 Ek is waardevol, want God het my as Sy eiendom beseël God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus. God het ons vir Hom afgesonder,  ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang . – 2 Cor. 1:21-22 Ek is waardevol, want God het my Sy Gees gegee Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee . – 1 Joh. 4:13

Bangmaakwoorde

Prent
Mat. 7:21-23 is ʼn gedeelte in die Bybel wat baie Christene ongemaklik laat voel. Hoe is dit dan nou dat nie almal wat in Jesus se Naam profeteer, duiwels uitdryf en wonders doen eendag in die koninkryk van die hemel gaan kom nie? Veral vers 23 maak ʼn mens bekommerd: “Dan gaan ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.” Sjoe! Dis woorde wat ek beslis nie eendag wil hoor nie. Wat beteken hierdie stuk? Hoe kan ek seker maak ek hoor nie eendag daardie woorde nie? Is dit dan verkeerd om in Jesus se Naam te profeteer, duiwels uit te dryf en wonders te doen? Nee, beslis nie! Jesus gee ons die opdrag en die outoriteit om dit te doen (Mat. 10:1,8, Mark. 16:17). Konserwatiewe gereformeerdes is lief daarvoor om hierdie stukkie aan te haal as hulle charismatiese Christene wil kritiseer. Veral die duiwels uitdryf en wonders doen gedeelte. Hierdie stukkie het egter niks te doen met denominasie nie. As jy hierdie ged

Kies liefde

Prent
As Christene weet ons hoe belangrik dit is om te vergewe. Ons weet dat Jesus gelykenisse en vermanings gebruik het om die belangrikheid van vergifnis te beklemtoon (Mark. 11:25, Mat. 18:21-35, Joh. 20:23). Daar is ook nagevorsde bewyse   wat daarop dui dat onvergewensgesindheid ernstige sielkundige afwykings en selfs sommige siektes kan veroorsaak. Om hierdie rede is ek vinnig om te vergewe. Ek bely hardop, voor getuies, dat ek ʼn persoon vergewe in Jesus se Naam. Klink nogal heel heilig nê? Wel, ek moet bieg dat ek onlangs ontdek het daar is nog baie vir my om te leer. Jy sien, dit is reg om in Jesus se Naam hardop te bely dat jy vergewe, maar dis net die begin. Daar is ʼn volgende stap en dit het alles te doen met liefde. Ons moet vergewe soos wat die Here ons vergewe het (Col.3:13). As jy werklik wil vergewe soos die Here jou vergewe het moet jy doen wat die Here gedoen het toe Hy jou vergewe het… Hy het jou skuld afgeskryf. Hy dink nie meer aan jou s

Hou kop bo water

Prent
Christene word nie vrygespreek van probleme nie. Net soos elke ander mens op Aarde bevind ons onsself soms in lewensstorms. Probleme, rampe en siektes is alles die gevolg van die sondeval. Ons lees in die Bybel dat die duiwel die heerser oor die wêreld is. Hy is die vader van leuens en hy is daarop uit om te steel, te moor en te verwoes. (Rev. 12:9, John. 14:30, Luke 4:5-6, John 10:10, John 8:44, John. 12:31, 2 Cor. 4:4, James 4:4, 1 John 2:16) Maar, die goeie nuus is: “Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.” (Col. 1:13) Het jy mooi gelees? As Christen is jy nie meer onder die mag van die duisternis nie! Al woon jy in die wêreld is jy nie van die wêreld nie. Nee, as kind van God is jy onder ʼn nuwe heerskappy! Jy is nou ʼn burger van God se koninkryk. Dit beteken dat die wêreld se probleme jou nie gaan onderkry nie want Jesus, onder wie se heerskappy jy nou leef, het die wêreld oorwin! (Joh.

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *