Plasings

Wys tans plasings vanaf Desember, 2020

Passop vir die mos-feite

Prent
  Ons almal ken dit goed. Die mos- feite. Hulle klink min of meer so: “Daardie persoon is mos eintlik van die pad af…” “So en so se huwelik is mos op die rotse…” “Daardie kerk is mos eintlik besig met dwaalleer…” “Die covid-intenting is mos eintlik die merk van die dier…” “Daardie pastoor het mos jare reeds ʼn drankprobleem…” En omdat daar ʼn mos vooraan is, word dit nou ʼn feit soos ʼn koei en moes jy dit mos eintlik geweet het. Maar nou weet jy en kan dit gerus ook maar oordra. Moet net nie die mos uitlaat nie. Getrou dra jy die mos-feite oor aan die volgende persoon en voel sommer baie slimmer as die arme mens wat nie geweet het dit is mos so nie. Want hierdie is mos eintlik algemene kennis. Die probleem met mos-feite is dat dit baie selde feite is. Meeste van die tyd is dit niks anders as skinderstories of sameswerings nie.  Ek het deur die jare geleer dat die mense wat so lief is vir die woord mos, gewoonlik ook diegene is wat my wil laat verstaan dat hulle slimm

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *