Plasings

Wys tans plasings vanaf 2020

Passop vir die mos-feite

Prent
  Ons almal ken dit goed. Die mos- feite. Hulle klink min of meer so: “Daardie persoon is mos eintlik van die pad af…” “So en so se huwelik is mos op die rotse…” “Daardie kerk is mos eintlik besig met dwaalleer…” “Die covid-intenting is mos eintlik die merk van die dier…” “Daardie pastoor het mos jare reeds ʼn drankprobleem…” En omdat daar ʼn mos vooraan is, word dit nou ʼn feit soos ʼn koei en moes jy dit mos eintlik geweet het. Maar nou weet jy en kan dit gerus ook maar oordra. Moet net nie die mos uitlaat nie. Getrou dra jy die mos-feite oor aan die volgende persoon en voel sommer baie slimmer as die arme mens wat nie geweet het dit is mos so nie. Want hierdie is mos eintlik algemene kennis. Die probleem met mos-feite is dat dit baie selde feite is. Meeste van die tyd is dit niks anders as skinderstories of sameswerings nie.  Ek het deur die jare geleer dat die mense wat so lief is vir die woord mos, gewoonlik ook diegene is wat my wil laat verstaan dat hulle slimm

Sodat jy bly kan wees

Prent
  Ek is seker daarvan dat almal met kinders weet hoe lekker dit is as jou kind bly is oor iets. Dit is dalk ‘n spesiale verjaardag geskenk, ‘n uitstappie waarna al lankal uitgesien is, of ‘n kuier by iemand wat vir jou kind baie beteken. As ouers, is dit vir ons belangrik dat ons kinders bly moet wees. So is dit ook met God. Ons is Sy kinders en Hy is ons Vader. Was jy ook al op daardie plek waar jy net nie weet hoe om genoeg vir God dankie te sê nie? Dit voel asof jou “Baie dankie Here” net nie genoeg is nie. So amper asof iets kort. En tog is jy werklik dankbaar in jou hart. En jy weet Hy weet dit, maar dit is amper asof Hy meer van jou verwag? Wat Hy van jou verwag, is om bly te wees. Ja, jy mag maar bly wees oor dit wat God vir jou doen.   En, jy mag dit maar wys ook! Kyk wat sê hierdie drie verse: U groot dade, Here, het my baie bly gemaak, ek wil juig oor wat U gedoen het.  Ps. 92:5 Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sod

Wees produktief

Prent
Net soos jy, bevind ten minste ʼn derde van die wêreld se populasie hulle tans in die een of ander staat van inperking. Kom ons wees nou maar eerlik met mekaar… so ʼn staat van inperking is ʼn ernstige uitdaging vir die meeste van ons. Dit mag dalk vir jou voel soos die einde van die wêreld, maar, wat ons tans beleef is eintlik niks vreemds vir die mensdom nie... Dokters glo dat die eerste verwysing na ʼn griep pandemie alreeds so vroeg as 412 vC deur Hippocrates gerapporteer is. Dan was daar die plaag van Justinian rondom 600 nC en natuurlik Builepes (oftewel Black Death) wat rofweg elke twintig jaar vanaf 1348 tot 1665 in Europa uitgebreek het. In al hierdie gevalle was inperkings noodsaaklik. Die gebruik van kwarantyn-sentrums vir siek mense is al van so vroeg as die 1500’s af aangewend. In 1918 is ʼn derde van die wêreld se bevolking getref deur ʼn griep pandemie wat 50 miljoen lewens geëis het. Almal moes maskers dra en skole, teaters en besigheide moes noodgedwonge sluit. Hierd

'n Plan van aksie

Prent
Aan die begin van Januarie het ek die Here gevra om aan my ʼn teksvers vir die nuwe jaar te gee. Die Here het Jeremia 29:11 'n paar keer oor my pad gestuur. Dit is ʼn versie waarmee ons almal wel bekend is en al so baie gehoor het dat ons nie juis veel aandag daaraan gee nie. Maar dit is die teksvers wat God aan my gegee het vir die jaar, so daarom het ek besluit om die vers in konteks te lees en verklarings rondom hierdie gedeelte te bestudeer. Wat ek ontdek het, is dat hierdie versie deel is van ʼn storie en dat dit juis die storie is wat aan hierdie teksvers sy wonderlike betekenis gee. Die storie speel af rondom die jaar 609 vC. Koning Nebukadnesar het ʼn groot gedeelte van die volk in ballingskap weggevoer na Babel toe. Die profeet, Jeremia, was onder ʼn handjievol van die volk wat agtergebly het in Juda. ʼn Vals profeet, Gananja, het aangekondig dat God die volk na twee jaar sou terugbring uit ballingskap uit (Jer. 28:2-4). Daar was ook ander vals profete wa

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *