Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2016

Wortels

Prent
“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor…” is nie net ʼn Afrikaanse spreekwoord nie. Dit staan in die Bybel (Mat 12:33-35). Dit is iets wat Jesus ges ê  het. En dit beteken meer as net mooi praat of vloek. Jy sien, in jou hart l ê  die wortels.   Goeie-boom-wortels, of slegte-boom-wortels. Dalk selfs al twee. Die probleem is net dat slegte-boom-wortels die geneigdheid het om goeie-boom-wortels te verdring. Hulle groei ook altyd weer uit. Selfs al word die slegte boom afgekap. So eenmaal in elke drie of vier jaar, vaar ʼn span mense met kettingsae, die groenbelt langs ons huis in. Hulle doel? Om die Swartwattelbome uit te roei. Vir ʼn dag lank word daar gesaag en gekap en geswoeg en teen sonsondergang is die kloof uiteindelik skoon. Maar, daar is ʼn rede waarom hulle elke drie of vier jaar moet terugkom. Die bome is skaars af, of nuwe lote begin uit die stompe groei. Moet ook nie dink ʼn verwoestende veldbrand gaan hulle keer nie. Nee, d á n groei hulle eers! Wat is die

Onverklaarbaar

Prent
Ons hond kan glad nie verstaan waarom sy agter ʼn toe hek moet bly nie. Waarom ons haar aan ʼn halsband sit vir ons weeklikse stappies, waarom sy moet sit, l ê , bly en los en waarom daar kort-kort ʼn uitstappie na die veearts moet wees nie. Nog minder kan sy verstaan dat al hierdie onverklaarbare dinge vir haar eie beswil is en dit omdat ons vir haar lief is. Om die waarheid te sê, is amper alles wat ons doen vir haar totaal en al onverstaanbaar. Waarheen verdwyn ons elke dag? Waarom eet ons met ʼn mes en vurk en drink ons uit bekers en glase? Om watter rede dra ons klere en skoene? En wat sê ons vir mekaar? Dalk hoor sy kort-kort sit, lê, bly en los en wonder waarom ons nie mekaar se opdragte gehoorsaam soos wat sy doen nie. Al hierdie dinge sal sy nooit kan verstaan nie, want, ons is verhewe bo haar. Ons manier van lewe is baie meer gevorderd as wat die slimste hond ooit sal kan wees. Dalk dink jy nou by jouself dat ek uit idees uit gehardloop het vir my blog, want, dit is

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *