Plasings

Wys tans plasings vanaf Junie, 2021

Ek is nie bang nie

Prent
  “Daar sit baie meer agter hierdie storie as wat ons dink.” Ja, dit is dalk so. Daar sit miskien meer agter hierdie storie as wat ons ooit sal kan raai. Of, miskien is dit maar net nog ʼn vervalle-wêreld storie. Wie weet? Wat ook al die geval mag wees, ek is nie bang nie. Want God is baie groter en sterker as wie of wat ook al agter hierdie storie sit. Om die waarheid te sê, Hy is groter as die storie self. Hierdie God ken dié wat Hom liefhet en by Hom skuiling soek en Hy laat alles ten goede meewerk vir hulle. (1 Cor. 8:3, Nah. 1:7, Rom. 8:28) Ek is een van daardie wat Hom liefhet en by Hom skuiling soek. Dit is waarom ek nie bang is nie. Ek gebruik my gesonde verstand en hou by die reëls soos wat die Bybel vir my sê om te doen. (Prov. 14:16, Tit. 3:1) Dit beteken ek dra my masker, ek was my hande, ek kuier nie rond nie. Omdat ek bang is? Nee. Ek doen die regte ding en ek dink aan ander. Ook iets wat die Bybel vir my sê om te doen. (Jam. 4:17, Phil. 2:4) Ons is almal

Kom ek vertel vir jou 'n storie...

Prent
  "Vertel vir my 'n storie, asseblief!" Ek is seker daarvan al die mammas en pappas, wat hier lees het al daardie woorde gehoor. Kinders hou van stories. Hulle hou van stories lees, stories hoor, stories kyk, stories vertel.  Om die waarheid te sê, die beste manier om moeilike konsepte aan kinders - en grootmense - te verduidelik is met behulp van 'n storie.  Omtrent vyf jaar gelede het ek dus besluit om 'n kinderboek te skryf. Die boek se naam was  Skaperjolle  en het gehandel oor twee skapies, Sonia en Timmy, wat deur hulle elke dag se kaperjolle nuwe konsepte leer oor die Vrug van die Gees.  Vir jare lank het hierdie boek egter vergete gebly op my rekenaar se hardeskyf. Van kinderboeke publiseer het ek niks geweet nie en kontakte het ek ook nie gehad nie. Dit was 'n groot berg voor my. Waar kry ek illustrasies vir die boek? Hoe doen ek die uitleg? Waar laat ek dit druk? Al hierdie vrae - en nog 'n paar waarvan ek oorspronklik nie geweet het ni

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *