Plasings

Wys tans plasings vanaf 2021

Nuwe plasings, beter geleenthede

Prent
  Die rede vir hierdie plasing is om jou te laat weet dat jy van nou af my nuwe blog-plasings op madeleineventer.com gaan lees en nie meer hier op die Blogger -platform nie. Die plasings wat reeds hier is, bly net hier waar dit is en kan steeds enige tyd gelees en gedeel word, of selfs kommentaar op gelewer word. Dit is slegs nuwe plasings wat van nou af op my webwerf gaan verskyn en hier is die rede daarvoor… Op 12 September 2015, is die eerste plasing “Om te weet” op Blog vir Jesus publiseer en in die afgelope amper ses jaar het die blog 'n totaal van 43 625 bladsykyke gehad! Ek is baie dankbaar teenoor die Here hiervoor. En ook teenoor jou wat hier lees vir jou voortdurende ondersteuning. Of jy nou familie, vriend of vreemdeling is. Sonder jou sou niks hiervan saak gemaak het nie. ʼn Blog moet tog gelees word. En selfs al was daar net een leser sou dit die moeite werd gewees het, want vir die Here is daardie een leser belangrik. So, baie dankie! My eerste boek, Uit Hom, deur

Ek is nie bang nie

Prent
  “Daar sit baie meer agter hierdie storie as wat ons dink.” Ja, dit is dalk so. Daar sit miskien meer agter hierdie storie as wat ons ooit sal kan raai. Of, miskien is dit maar net nog ʼn vervalle-wêreld storie. Wie weet? Wat ook al die geval mag wees, ek is nie bang nie. Want God is baie groter en sterker as wie of wat ook al agter hierdie storie sit. Om die waarheid te sê, Hy is groter as die storie self. Hierdie God ken dié wat Hom liefhet en by Hom skuiling soek en Hy laat alles ten goede meewerk vir hulle. (1 Cor. 8:3, Nah. 1:7, Rom. 8:28) Ek is een van daardie wat Hom liefhet en by Hom skuiling soek. Dit is waarom ek nie bang is nie. Ek gebruik my gesonde verstand en hou by die reëls soos wat die Bybel vir my sê om te doen. (Prov. 14:16, Tit. 3:1) Dit beteken ek dra my masker, ek was my hande, ek kuier nie rond nie. Omdat ek bang is? Nee. Ek doen die regte ding en ek dink aan ander. Ook iets wat die Bybel vir my sê om te doen. (Jam. 4:17, Phil. 2:4) Ons is almal

Kom ek vertel vir jou 'n storie...

Prent
  "Vertel vir my 'n storie, asseblief!" Ek is seker daarvan al die mammas en pappas, wat hier lees het al daardie woorde gehoor. Kinders hou van stories. Hulle hou van stories lees, stories hoor, stories kyk, stories vertel.  Om die waarheid te sê, die beste manier om moeilike konsepte aan kinders - en grootmense - te verduidelik is met behulp van 'n storie.  Omtrent vyf jaar gelede het ek dus besluit om 'n kinderboek te skryf. Die boek se naam was  Skaperjolle  en het gehandel oor twee skapies, Sonia en Timmy, wat deur hulle elke dag se kaperjolle nuwe konsepte leer oor die Vrug van die Gees.  Vir jare lank het hierdie boek egter vergete gebly op my rekenaar se hardeskyf. Van kinderboeke publiseer het ek niks geweet nie en kontakte het ek ook nie gehad nie. Dit was 'n groot berg voor my. Waar kry ek illustrasies vir die boek? Hoe doen ek die uitleg? Waar laat ek dit druk? Al hierdie vrae - en nog 'n paar waarvan ek oorspronklik nie geweet het ni

Geanker in die Hemel

Prent
Ja, daar is storms op hierdie see van my lewe. Ek weet egter waar my siel geanker is. Hebreërs 6:19-20 sê: “Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.” Die woord ‘Voorloper’ in Grieks is ‘prodromos’ wat beteken ‘om vooruit te gaan’. Dit is ʼn term wat algemeen gebruik was vir ʼn klein groepie soldate wat vooruit gegaan het om ʼn pad oop te maak tydens ʼn oorlog. So, wat het dit nou met ʼn anker te doen? Wel, die woord ‘prodromos’ is ook, in die tweede eeu na Christus, gebruik vir die kleiner bootjies wat soms voor groter skepe die hawe binne gevaar het. Hierdie kleiner bootjies het die groter skepe se ankers deur die brekende branders gedra en dan in die hawe laat sak. Die skepe was dus reeds in die hawe geanker, selfs nog voordat hulle die hawe binne gevaar het. Omdat hulle reeds in die hawe geanke

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *