Geanker in die Hemel



Ja, daar is storms op hierdie see van my lewe. Ek weet egter waar my siel geanker is.

Hebreërs 6:19-20 sê: “Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.”

Die woord ‘Voorloper’ in Grieks is ‘prodromos’ wat beteken ‘om vooruit te gaan’. Dit is ʼn term wat algemeen gebruik was vir ʼn klein groepie soldate wat vooruit gegaan het om ʼn pad oop te maak tydens ʼn oorlog.

So, wat het dit nou met ʼn anker te doen? Wel, die woord ‘prodromos’ is ook, in die tweede eeu na Christus, gebruik vir die kleiner bootjies wat soms voor groter skepe die hawe binne gevaar het.

Hierdie kleiner bootjies het die groter skepe se ankers deur die brekende branders gedra en dan in die hawe laat sak. Die skepe was dus reeds in die hawe geanker, selfs nog voordat hulle die hawe binne gevaar het.

Omdat hulle reeds in die hawe geanker was, kon hulle dan met meer hoop en sekerheid die brekende branders trotseer om sodoende die hawe binne te vaar.

Jesus het vooruit gegaan en my siel gaan anker in die Allerheiligste.

Die storms kan maar kom en die branders kan maar breek. My anker gaan nie beweeg nie.

 

Wees geseënd

Madeleine

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *

Gewilde plasings van hierdie blog

'n Brief aan my kind

Prysuitdeling

'n Brief aan Ma