Nuwe plasings, beter geleenthede
Die rede vir hierdie plasing is om jou te laat weet dat jy van nou af my nuwe blog-plasings op madeleineventer.com gaan lees en nie meer hier op die Blogger-platform nie. Die plasings wat reeds hier is, bly net hier waar dit is en kan steeds enige tyd gelees en gedeel word, of selfs kommentaar op gelewer word. Dit is slegs nuwe plasings wat van nou af op my webwerf gaan verskyn en hier is die rede daarvoor…
Op 12 September 2015, is die eerste plasing “Om te weet” op Blog vir
Jesus publiseer en in die afgelope amper ses jaar het die blog 'n totaal
van 43 625 bladsykyke gehad!
Ek is baie dankbaar teenoor die Here hiervoor. En ook teenoor jou wat hier lees vir jou voortdurende ondersteuning. Of jy nou familie, vriend of vreemdeling is. Sonder jou sou niks hiervan saak gemaak het nie. ʼn Blog moet tog gelees word. En selfs al was daar net een leser sou dit die moeite werd gewees het, want vir die Here is daardie een leser belangrik. So, baie dankie!
My eerste boek, Uit Hom, deur Hom,
tot Hom, is uit Blog vir Jesus gebore
en het my skryfloopbaan afgeskop.
Dit het my by die Wordpress-platform
uitgebring en ek het baie vinnig besef dat Wordpress
baie meer geleenthede bied vir ontwikkeling en ook dat dit baie beter
ondersteun word deur sosiale netwerke. Soveel meer mense kan dus bereik word
deur Wordpress as deur Blogger.
Ek het ʼn domein, madeleineventer.com,
registreer en ʼn Wordpress-webwerf
gebou. Dit was nogal ʼn uitdaging, maar gelukkig het ek reeds bietjie oefening
met my Engelse blog, Rejoicing at Your
Word, gehad.
Nog ʼn rede waarom ek besluit het om nuwe plasings van nou af eerder op madeleineventer.com te plaas, is omdat Feedburner, nie meer die Follow by e-mail -funksie op Blogger gaan ondersteun vanaf Augustus
hierdie jaar nie. Dit sal dus nie meer moontlik wees om nuwe plasings in jou
inboks te kry as hulle op die Blogger-platform
verskyn nie. Op madeleineventer.com aan
die ander kant, sal Wordpress sorg
dat jy die plasings kry soos hulle verskyn.
Dit sal ook nou vir jou, en vir my, baie makliker wees om plasings te deel
op sosiale netwerke en om kommentaar te lewer. Dit gaan ook baie makliker wees om my te kotak vanaf my webwerf.
Op my webwerf is daar ʼn skakel na Blog vir Jesus sodat bestaande plasings steeds hier gelees kan word. Nuwe plasings gaan egter op my webwerf se BLOG-bladsy verskyn. Die skakel lyk so:
![]() |
Skermskoot vanaf madeleineventer.com |
Ek hoop jy is so opgewonde soos ek oor hierdie nuwe geleentheid wat die
Here oor my pad gebring het. Elke woord wat ek skryf, skryf ek vir Hom. Dit is een van die maniere waarop ek my lewe aan God wei en my talente aanbied tot sy diens.
Mag ons nog lekker saam kuier.
Liefde
Madeleine