Sodat jy bly kan wees
Ek is seker daarvan dat almal met kinders weet hoe lekker dit is as jou kind bly is oor iets. Dit is dalk ‘n spesiale verjaardag geskenk, ‘n uitstappie waarna al lankal uitgesien is, of ‘n kuier by iemand wat vir jou kind baie beteken.
As
ouers, is dit vir ons belangrik dat ons kinders bly moet wees. So is dit ook
met God.
Ons is
Sy kinders en Hy is ons Vader.
Was jy
ook al op daardie plek waar jy net nie weet hoe om genoeg vir God dankie te sê
nie? Dit voel asof jou “Baie dankie Here” net nie genoeg is nie. So amper asof
iets kort. En tog is jy werklik dankbaar in jou hart. En jy weet Hy weet dit,
maar dit is amper asof Hy meer van jou verwag?
Wat Hy
van jou verwag, is om bly te wees.
Ja, jy
mag maar bly wees oor dit wat God vir jou doen. En, jy mag dit maar wys ook!
Kyk wat
sê hierdie drie verse:
U groot dade, Here, het my baie bly gemaak, ek wil juig oor wat U gedoen het. Ps. 92:5
Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. Jhn. 16:24
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Phil. 4:4
So,
sien jy?
Steek bietjie jou trots in jou sak en wees ‘n slag bly oor alles wat die Here vir jou doen.
Jy mag maar.
Wees
geseënd
Madeleine