10 Redes waarom ek, as Christen, waardevol is




Ek is waardevol, want Jesus het my gekoop met Sy bloed

Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. – 1 Pet. 1:18-19

Ek is waardevol, want Jesus het my Syne gemaak

Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. – Phil. 3:12

Ek is waardevol, want God het my as Sy eiendom beseël

God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus. God het ons vir Hom afgesonder, ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang. – 2 Cor. 1:21-22

Ek is waardevol, want God het my Sy Gees gegee

Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee. – 1 Joh. 4:13

Ek is waardevol, want God het my gekies nog voordat Hy die wêreld geskape het

So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. – Eph. 1:4

Ek is waardevol, want God het my nuut oorgeskape in Christus

Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. – Eph. 2:10

Ek is waardevol, want ek is weergebore uit onverganklike saad

Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. – 1 Pet. 1:23

Ek is waardevol, want ek is vrygespreek, ‘n regverdige

Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. – 2 Cor. 5:21

Ek is waardevol want ek is die Heilige Gees se tempel

Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik. – 1 Cor. 6:19-20

Ek is waardevol want God ken my

Maar as iemand God liefhet, ken God hom. – 1 Cor. 8:3

Amen

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *

Gewilde plasings van hierdie blog

'n Brief aan my kind

Prysuitdeling

'n Brief aan Ma