Nuwe mens... meesterstuk!
Jy, liewe
Christen, is weer gebore en nuut oor geskape.
Daardie dag toe jy
gesê het: “Ja, ek glo Jesus Christus is die Seun van God wat die prys vir my
sondes betaal het en ek aanvaar Hom as my Verlosser en Here,” daardie dag het
die Vader ʼn nuwe mens gemaak. Gebore uit onverganklike saad (1 Pet. 1:23).
In die Amplified
Bible lees ons: “For we are His workmanship (His own masterwork, a work of
art), created in Christ Jesus (reborn from above—spiritually transformed,
renewed, ready to be used)…” (Eph. 2:10a AMP)
Nog voordat die wêreld
geskape is, het Hy jou uitgekies en afgesonder (Eph. 1:4). Nou het Hy jou nuut
oor geskape sodat jy heilig kan wees en jou lewe kan wy aan jou roeping en aan
die goeie dade waarvoor hy jou gekies het (Eph. 2:10, Eph. 4:1, Phil. 2:13).
Ja, jy het ʼn
roeping, jy het ʼn spesiale plek en taak in Jesus se Koninkryk! Daar is goeie
dade wat gedoen moet word en waarvoor jy
spesiaal gekies is!
Ons staan aan die
begin van ʼn splinternuwe jaar. Dit is nou ʼn goeie tyd om seker te maak jy weet
wat daardie roeping is (Eph. 5:10,17, Eph. 4:1).
Waarop gaan jy
hierdie jaar jou tyd, energie en geld spandeer? Waarmee gaan jy jou gedagtes
vul?
“Julle gees en
gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is:
lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.” Ef. 4:23-24
Nuwe mens… jy het ʼn
spesiale taak en ʼn roeping… vir hierdie jaar en vir die res van jou lewe.
Jy is God se meesterstuk.
©Alle aanhalings in hierdie plasing kom uit die Bybel in
Afrikaans 1983-vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika, tensy anders aangedui
All images: Pixabay