Bondgenoot van die Almagtige


Lees asseblief die Bybelverse in hakkies deur met jou muis daaroor te sweef, (as jy op ʼn foon of tablet lees, tik jy op die vers om dit oop te maak en dan net weer elders op die bladsy om dit toe te maak.). God se Woord is my maatstaf. As ek nie ʼn stelling wat ek maak uit die Woord kan staaf nie, sal ek dit nie neerskryf nie. Lees die verse. Dit sê baie meer as wat ek ooit sal kan.

Ons almal weet dat die woorde “Nuwe Testament” eintlik “Nuwe Verbond” beteken. Maar weet ons wat hierdie Nuwe Verbond behels?

Jou geloof sal sommer vervierdubbel as jy werklik besef wat dit beteken om in ʼn Nuwe Verbond met God te staan!

Eerstens moet ons kyk na wat presies ʼn verbond nou eintlik is. In ons Westerse kultuur is ons nie heeltemal vertroud met die ware betekenis van ʼn verbond nie. Die mense wat 2000 jaar gelede geleef het, het die betekenis van ʼn verbond baie beter verstaan as ons. Dit is ʼn baie ernstige, onbreekbare ooreenkoms, beseël deur bloed, tussen twee of meer partye.
Daar word vertel van die sendeling, Stanley, wat in ʼn bloedverbond met ʼn Afrika stamleier getree het. Nadat die verbond gesluit is, het die stam hom behandel asof hy die stamleier self is. Hulle het hom beskerm, gehoorsaam en geëer soos wat hulle die stamleier sou. Hulle het goed verstaan wat die verbond tussen hom en hulle leier beteken het.
Om in ʼn bloedverbond met iemand te tree, het beteken dat jy in ʼn sekere mate jou bondgenoot se identiteit aanneem. Nou moes jy jou bondgenoot se belange ook op die hart dra, nie meer net jou eie nie. Wat aan jou behoort, behoort aan hom en andersom. Dit is soos wanneer iemand optree namens ʼn ander persoon en mag handel dryf of besluite neem in daardie persoon se naam. ʼn Goddelike huwelik is ʼn goeie voorbeeld van ʼn bloedverbond.

In Johannes 15:15 het Jesus die stelling gemaak dat Hy sy dissipels nou vriende noem. Die oorspronklike betekenis van hierdie woord “vriende” was “bondgenote” of, volgens The Dake Annotated Reference Bible, “full partners”. (John 15:15, Ps. 25:14)
Jesus het aangekondig dat Hy ʼn nuwe bloedverbond met ons sluit. Ons lees in Lukas 22:20: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word.” (Luke 22:20)



Ons staan in ʼn verbond met die Almagtige, Alomteenwoordige, Alwetende God, beseël deur Sy eie bloed!

Ons kan verseker weet dat God sy kant van die verbond sal nakom (2 Cor. 1:20, Is. 54:10, Is 55:11, Num. 23:19, Heb.10:23).
Ons het ook ʼn deel wat ons moet nakom, maar dit sal ek volgende keer bespreek.

So, wat kry jy van God af as sy bondgenoot onder hierdie Nuwe Verbond?

Eerstens kry jy die Naam van Jesus Christus. Jy mag in Jesus se Naam bid. (John 14:13-14, John 15:16, John 16:23-24).
Wat beteken dit om in Jesus se Naam te bid? Ek kan dit nie beter beskryf as wat Charles Spurgeon dit beskryf het nie: “Sometimes poor people come to us with petitions, which they wish to send to some company or great personage. They bring the petition and ask us to have it presented for them. It is very badly spelled, very queerly written, and we can but just make out what they mean; but still there is enough to let us know what they want. First of all we make out a fair copy for them, and then, having stated their case, we put our own name at the bottom, and if we have any interest, of course they get what they desire through the power of the name signed at the foot of the petition. This is just what the Lord Jesus Christ does with our poor prayers. He makes a fair copy of them, stamps them with the seal of his own atoning blood, puts his own name at the foot, and thus they go up to God’s throne.” (Sermons on Prayer, C.H. Spurgeon, Hendrickon Publishers)

Jy mag die gesag van Jesus se Naam gebruik. In Sy Naam mag jy siekes gesond maak en bose geeste uitdryf (Mark 16:17-18, John 14:12, Acts 3:6-7, Acts 4:30).

As bondgenoot is jy nou God se eiendom, sy kind. Jy het ʼn erfenis en die ewige lewe. (2 Cor. 1:21-22, John 6:47, Eph. 2:19, Rom. 8:15-17, Heb. 9:15, Rom. 6:23, John 3:16, John 1:12,29, John 5:24)

God gee aan jou sy vrede wat alle verstand te bowe gaan (John 14:27, Phil. 4:7).

Jy ontvang die gawe van die Heilige Gees. (Rom. 7:6, John 14:26, Acts 1:8, Acts 6:10, 1 Cor. 6:19-20).

Die Middelaar van hierdie verbond is Jesus Christus (Heb. 8:6, Heb. 12:24) en daarom mag jy nou met vrymoedigheid voor die troon van God kniel (Eph. 3:12, Heb. 10:19-20).
En dit is wat jy mag bid…

Liefste God
Liewe Vader. Almagtige. So groot dat die Israeliete Moses gesmeek het om alleen teen die berg op te gaan omdat hulle nie langer na U stem kon luister nie. So groot dat U hom met U hand moes toemaak terwyl U verbygaan. So groot dat U die heelal in U hand hou en elke ster se naam ken. So groot en heilig dat net die hoëpriester eenmaal ʼn jaar in U teenwoordigheid mag verskyn het.
Die Almagtige Skepper wat mens geword het en onder ons kom woon het. Jesus Christus. Die Lam van God wat vir ons geoffer is en wat die dood oorwin het, om ʼn Nuwe Verbond met ons te sluit.
Die verbond van vrye toegang, met vrymoedigheid, vir almal wat in die Naam van Jesus Christus na U toe kom.
U stuur U Gees as waarborg van daardie verbond en beseël ons as U eiendom.
Dit is hoe ek dan nou hier voor U verskyn. As iemand wat waardig en regverdig is omdat ek in die Naam van Jesus Christus kom. Omdat Hy die prys betaal het. Ek kom na U toe onder ʼn Nuwe verbond. Beseël as U eiendom. U kind. U bondgenoot.
Dankie daarvoor.
Amen

Lees gerus die hele Brief aan die Hebreërs, in Die Bybel, om meer van die Nuwe Verbond te verstaan
All images: Pixabay

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *

Gewilde plasings van hierdie blog

'n Brief aan my kind

Prysuitdeling

'n Brief aan Ma