Rus

Gedurende hierdie tyd van die jaar moet ‘n mens behoorlik hare op jou tande hê. Daar is n berg van goed wat moet klaar kom. Geïrriteerde kolegas, base en kliënte vir wie die jaar nou lank genoeg was. Eind-eksamens. Jaarend-funksies. Die lys gaan net aan en aan. “Silly season”  is op ons.

Maar ons besige lewens kan nie net tot een seisoen beperk word nie. Elke dag is ‘n gejaag. Ons jaag om betyds by die werk te kom. Jaag om ‘n taak af te handel. Jaag winkel toe voor die deure toemaak. Jaag om aandete klaar te kry. Jaag almal langs die etenstafel aan. Jaag ons kinders se gesprekke aan. Dan jaag ons almal bed toe sodat ons more oggend verder kan jaag.

Ek is seker daarvan julle sal met my saam stem. Ons het rus nodig.

Maar nie net ons liggame nie… ons siele moet rus.

Dink aan jou siel as die spil waarom ‘n wiel draai. As die spil nie stilstaan nie, kan die wiel nie behoorlik draai nie. Die spil moet doodstil wees sodat die wiel teen topspoed kan draai. Net so is ons lewens. Jy kan nie teen topspoed beweeg as jou siel nie stil is nie.

Jou siel word stil deur in God te rus. Jesus was vir ons ‘n voorbeeld. Ons lees op baie plekke dat Hy homself alleen afgesonder het om te bid. (Luke 5:16) Ons lees ook in Markus 6 hoe Jesus sy dissipels twee-twee uitgestuur het om die evangelie te verkondig. Na hulle uitreik het hulle opgewonde kom terug rapporteer. Ons lees dat daar baie mense was wat gedurig gekom en gegaan het sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Enige ander leier sou dalk soos volg gereageer het: “Baie mooi! Julle is net betyds om al hierdie mense te bedien. Daar is baie werk, ons moet dadelik wegspring!”  Maar nie Jesus nie. Sy presiese woorde aan hulle was: “Kom julle alleen saam na ‘n stil plek toe en rus ‘n bietjie.”  (Mark. 6:30-31)

Sien, Jesus weet ons het rus nodig. Dit is waarom Hy ons uitnooi om na Hom toe te gaan wanneer ons moeg gejaag is en deur al ons pligte oorweldig word. Hy sal nie jou dowwe liggie uitdoof nie en as jy voel soos ‘n geknakte riet sal Hy jou nie breek nie, want Hy is sagmoedig en nederig. By Hom kan jy rus kry vir jou gemoed. (Mat. 11:28-30, Mat. 12:20)

Sielsrus.

Net soos wat ons tyd maak om te eet of te bad of T.V te kyk, moet ons tyd maak vir ons siele om in God te rus.

Ek sluit af met ‘n verkorte gedig uit Streams in the desert:

“Come ye yourselves apart and rest
awhile,
Weary, I know it, of the press and
throng,
Wipe from your brow the sweat and dust of toil,
And in My quiet strength again be strong.

Come ye and rest, the journey is too
great,
And ye will faint beside the way and
sink;
The bread of life is here for you to eat,
And here for you the wine of love to drink.

Then fresh from converse with your
Lord return,
And work till daylight softens into
even,
The brief hours are not lost in which
you learn,
More of your Master and His rest in
Heaven.”



Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *

Gewilde plasings van hierdie blog

'n Brief aan my kind

Prysuitdeling

'n Brief aan Ma