Met die grootste liefde

Liefste God…

Here Jesus. Ek is so lief vir U. Met ʼn liefde wat my hart vol maak en oor my lippe stroom. Strome van lewende water.

Kan my liefde met U liefde vergelyk word? Dit oorweldig my. U liefde. Onvoorwaardelik. Onbeskryflik.

U het toegelaat dat U heilige bloed op die grond val. Dorstig ingesuig word deur die stof wat U geskape het. Geslaan. Gespoeg. Gespot. Deur die mense wat u aanmekaar geweef het. Liefde vir die man wat die hammer en die spyker vashou. Liefde vir die mense wat hulle kele hees skree in haat. Liefde vir die een wat die spies in U sy steek.

Binne drie jaar verander U die mensdom vir ewig. Binne drie dae die lot van duisende siele.

Wat ʼn voorreg om deel te wees van daardie duisende siele wat in alle ewigheid nooit verlore sal gaan nie!

Hoe kan ek dan anders as om U te prys? Hoe kan ek dan nie my lewe vir U gee nie? Hoe kan ek stilbly?


Hoe sê ek dankie? 
Foto geneem by die Tuingraf in Jerusalem

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *

Gewilde plasings van hierdie blog

'n Brief aan my kind

Prysuitdeling

'n Brief aan Ma