Alles tot die eer van God

“Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. Al die gebooie; jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie, of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.” Rom 13: 8-10

Jesus se lewe op aarde het bestaan uit liefhê en dien. Behalwe vir die evangelie, is dit onder andere ook die boodskap wat Hy verkondig het. Dit is Sy woorde. Dit is die wet van Sy koningryk. En, daar is wonderlike beloftes wat hiermee saamgaan!

Die belofte van versorging en beskerming

“Is dit nie dat jy vir die wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ʼn blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?
Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom.” Is 58: 7-8

“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koningryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” Mat 6: 31-33

“Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ʼn verstandige man wat sy huis op rots gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots.” Mat 7:24-25

Die belofte van blydskap

“Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.” Joh 15: 11-12

Die belofte van gebedsverhoring

As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.” Joh 15:7-8

Die belofte van God se teenwoordigheid

“Jesus antwoord hom: ‘As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.” Joh 14: 23

Daar is nog baie meer beloftes wat jy in die Woord sal vind, maar hierdie is van my gunstelinge.

Die heel beste manier om die evangelie te verkondig, is deur jou dade. As jy leef soos wat Jesus ons beveel het om te leef sal mense dit raaksien. Ons is as volgelinge van Jesus, veronderstel om anders te wees. (Rom 12:2) Ons moet alles wat ons doen vir die Here doen, nie vir mense nie. Dit gaan nie daaroor om mense tevrede te stel of in te pas nie. (Col 3:23, Eph 6:7) Ons is in Christus Jesus as nuwe mense geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. (Eph 2: 10)


Kom ons begin dan vandag lewe tot eer van God en nie tot eer van onself nie.



Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *

Gewilde plasings van hierdie blog

'n Brief aan my kind

Prysuitdeling

'n Brief aan Ma