Plasings

Lewenswater

Prent
Lees ʼn bietjie die volgende twee versies met aandag en let op die duidelike verband tussen hulle. In die eerste, uit die Ou Testament, word van God gepraat en in die tweede, uit die Nuwe Testament, word verwys na Jesus: “U is die bron van die lewe, deur U lig lewe ons.” Ps. 36:9-10 “In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.” Joh. 1:4 Is dit nie inderdaad ʼn onweerlegbare bewys dat Jesus God is nie? Daar is ʼn paar sulke verse uit die Ou en die Nuwe Testament wat met mekaar verband hou en wat bewys dat Jesus God is, maar waarop ek in hierdie plasing wil fokus is die titel: Bron van die lewe. Ons lees in Jer. 17:13 dat dié wat vir God verlaat, die bron van die lewe verlaat en in Jer. 2:13 kla God die volk aan: “My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.” Dit klink soos ʼn baie dom keuse om te maak. Waarom sal ʼn ...

Doen jou deel

Prent
In my vorige plasing, Bondgenoot van die Almagtige , het ek vertel hoe God sy deel van die Nuwe Verbond nakom. Nou is dit tyd om te kyk wat ons moet doen om ons deel van die verbond na te kom. Aangesien baie van my vorige plasings verband hou met die punte wat ek uitlig, het ek ook skakels na daardie spesifieke plasings ingevoeg. So, wat staan ons te doen as bondgenote van die Almagtige? Wat maak ons anders as die wêreld? Liefde Dit is ʼn opdrag direk uit Jesus se mond: “Julle moet mekaar liefhê.” En nie sommer net ʼn opdrag wat ons ligtelik kan opneem nie. Nee, Jesus noem dit ʼn nuwe gebod. Die grootste gebod. ʼn Wet. Daar was baie wette wat nagekom moes word onder die Ou Verbond. Onder nie Nuwe Verbond het ons net een wet wat ons moet nakom en dit is liefde (John 13: 34-35, Mark 12:30-31, 1 Cor. 13, Rom. 5:5). God se hart in sy Woord 'n Lening aan God Alles tot die eer van... myself Alles tot die eer van God Herders Beywer jou vir God se koninkryk ...

Bondgenoot van die Almagtige

Prent
Lees asseblief die Bybelverse in hakkies deur met jou muis daaroor te sweef, (as jy op ʼn foon of tablet lees, tik jy op die vers om dit oop te maak en dan net weer elders op die bladsy om dit toe te maak.). God se Woord is my maatstaf. As ek nie ʼn stelling wat ek maak uit die Woord kan staaf nie, sal ek dit nie neerskryf nie. Lees die verse. Dit sê baie meer as wat ek ooit sal kan. Ons almal weet dat die woorde “Nuwe Testament” eintlik “Nuwe Verbond” beteken. Maar weet ons wat hierdie Nuwe Verbond behels? Jou geloof sal sommer vervierdubbel as jy werklik besef wat dit beteken om in ʼn Nuwe Verbond met God te staan! Eerstens moet ons kyk na wat presies ʼn verbond nou eintlik is. In ons Westerse kultuur is ons nie heeltemal vertroud met die ware betekenis van ʼn verbond nie. Die mense wat 2000 jaar gelede geleef het, het die betekenis van ʼn verbond baie beter verstaan as ons. Dit is ʼn baie ernstige, onbreekbare ooreenkoms, beseël deur bloed, tussen twee of meer partye. Daar ...

Nuwe mens... meesterstuk!

Prent
Jy, liewe Christen, is weer gebore en nuut oor geskape. Daardie dag toe jy gesê het: “Ja, ek glo Jesus Christus is die Seun van God wat die prys vir my sondes betaal het en ek aanvaar Hom as my Verlosser en Here,” daardie dag het die Vader ʼn nuwe mens gemaak. Gebore uit onverganklike saad (1 Pet. 1:23). In die Amplified Bible lees ons: “For we are His workmanship (His own masterwork, a work of art), created in Christ Jesus (reborn from above—spiritually transformed, renewed, ready to be used)…” (Eph. 2:10a AMP) Nog voordat die wêreld geskape is, het Hy jou uitgekies en afgesonder (Eph. 1:4). Nou het Hy jou nuut oor geskape sodat jy heilig kan wees en jou lewe kan wy aan jou roeping en aan die goeie dade waarvoor hy jou gekies het (Eph. 2:10, Eph. 4:1, Phil. 2:13). Ja, jy het ʼn roeping, jy het ʼn spesiale plek en taak in Jesus se Koninkryk! Daar is goeie dade wat gedoen moet word en waarvoor jy spesiaal gekies is! Ons staan aan die begin van ʼn splinternuwe jaar....

Christusfees

Prent
Is jou Kersboom al op? Was jy al dapper genoeg om die winkelsentrums te trotseer opsoek na Kersgeskenke? Het jy al deur jou resepte boeke begin blaai vir daardie Kersete wat niemand sal vergeet nie? Dalk selfs al ʼn vrugtekoek gebak? Ja, die boks met kersversierings het nog nie eens tyd gehad om behoorlik stof op te gaar nie, of jy moet hom alweer uit die kas gaan haal, so vinnig gaan die tyd verby. Het jy egter al vir ʼn paar minute gaan stil sit en wonder waarom jy dit alles doen? Wat vier jy? Liggies, Kersbome en Kersvader? Of vier jy Christus? Jy sien, die wêreld het Jesus so stukkie vir stukkie uit Kersfees uit gehaal. Presies, sal sommiges sê, dit is omdat Kersfees in die eerste plek nie oor Jesus gegaan het nie. En hulle is heeltemal reg. Dit is nie ʼn feit dat Jesus op die vyf en twintigste Desember gebore is nie. Die waarheid is, ten spyte van baie bespiegelinge en navorsing, weet niemand presies wanneer Jesus gebore is nie. Inteendeel, daar word beweer dat die Romeinse ...

'n Lening aan God

Prent
Mense raak vinnig ongemaklik as hulle gevra word om te gee. Kollekte, bydra, tiende, offerande, watter term ook al gebruik word, moet tog net nie te veel daarop hammer nie. Dit is die tema wat predikers gewoonlik met groot versigtigheid aanpak of liefs vermy. Tydens ʼn vyf jaar studie, wat sy hoogtepunt in 2013 bereik het, is bevind dat slegs 10-25 persent van families in ʼn gemeente hulle tiendes gee. Tog is daar amper 2000 verwysings in die Bybel oor die onderwerp van gee. Jesus het meer daarna verwys as na geloof en gebed saam. So wat is dan die probleem? Daar is blykbaar twee hoof redes waarom mense nie gee nie. Die grootste van die twee is dat mense nie weet waarom hulle moet gee nie. Is tiendes en offerandes nie net op die Ou Testament van toepassing nie? Die tweede rede is dat mense bang is hulle gaan verlies lei as hulle van hulle geld of besittings weggee. Hulle is bang hulle kan dit nie bekostig nie. Daarom het ek besluit om in die Bybel te gaan soek vir antwoorde ...

Daardie spesiale verse...

Prent
Het jy ook ʼn Bybelvers wat spesiaal joune is? ʼn Belofte waaraan jy vashou? Dalk het jy, soos ek, ʼn paar sulke verse. Beloftes wat die Here aan jou gemaak het. Daardie verse wat soos ʼn kers in jou donkerste tye aangesteek is en vir jou hoop gee. Vandag wil ek skryf oor daardie ligbakens op jou lewenspad. Ek wil hê jy moet hulle weer gaan opsoek en weer lees en weer jou eie, spesiale verse maak. En dan maak jy dit sigbaar. Skryf dit uit of druk dit uit of verf dit of kerf dit in hout of skryf dit in klei of mosaïek of kruissteek of wat ook al jou smaak is. Dan vertoon jy dit op so ʼn manier dat jy dit duidelik en gereeld kan sien en jy verklaar dit hardop en herinner die Here daaraan. Want jy mag. Dawid het dit gedoen. Hy het gesê: “Onthou tog u woord aan my, die woord waarop U my laat hoop het.” (Ps. 119:49) In Jes. 62:6b staan daar: “Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie stilbly nie.” (Is. 62:6) Hoekom? Omdat die Here dalk Sy beloftes vergeet ...

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *