Boeke wat my hartsnare gepluk het
Vandag wil ek
bieg oor ʼn swakheid.
Boeke.
My man weet al
hy moet wye draaie met my om ʼn boekwinkel loop, want as ek eers daar instap
spandeer ek gewoonlik ʼn onbehoorlike persentasie van my salaris! Ek het ʼn
liefde vir boeke wat al van kleintyd af kom. Om die waarheid te sê, wonder ek
ook partykeer of ek nie dalk al kon lees van geboorte af nie, soos Scout, in
Harper Lee se To Kill a Mockingbird.
Om verdiep te
kan raak in ʼn boek is ʼn wonderlike ervaring. Om op reis te gaan na ʼn ander tyd
en plek terwyl jy op een plek stilsit is fenomenaal.
Daarom het ek
dit goed gedink om van die boeke, wat ʼn verskil in my lewe gemaak het, met
julle te deel. Om die lys kort en kragtig te hou, het ek besluit om by boeke
met ʼn Christelike grondslag te bly, vir eers…
My heel
gunsteling boek, natuurlik, is Die Bybel. Was nog altyd en sal altyd bly. Die
beste boek om saam met Die Bybel te lees is The
Dake Annotaded Reference Bible. Strikvraag? Trek die Dake nader. Dit werk vir my.
So, hier is
twintig boeke wat my hartsnare gepluk het en wat ek enige tyd sal aanbeveel.
Hulle is in alfabetiese volgorde:
Andy Andrews. The
Heart Mender
Andy Andrews. The
Noticer
Benescke Janse van Rensburg. Ontdek God in die stories van mense
Bilquis Sheikh with Richard H. Schneider. I Dared To Call Him Father
C.S. Lewis. The
Problem of Pain
Don Piper with Cecil Murphey. 90 Minutes in Heaven
Dr M.K. Strydom. Healing
Begins With Sanctification of the Heart
Francine Rivers. Redeeming
Love
Harold & Maud Weitz. Activating the Victorious Kingdom Life
Jack Hayford. The
Secrets of Intercessory Prayer
John Ortberg. If
You Want To Walk On Water, You’ve got To Get Out of the Boat
John Piper. Finally
Alive
Jonathan Cahn. The
Mystery of the Shemitah
Kevin & Alex Malarkey. The Boy Who Came Back From Heaven
Kobus Neethling, Hennie Stander, Raché Rutherford. Dink soos Jesus
Mark Batterson. Praying
Circles Around Your Children
Max Lucado. A
Gentle Thunder
Max Lucado. Outlive
Your Life
Melanie Hemry & Gina Lynnes. God’s Power for Healing
Stephan Joubert. Hijacked
By Jesus
Dit is
my lysie.
Maar
ek is baie nuuskierig om te hoor wat jou lysie is!
Deel
dit asseblief met ons. Jy hoef nie twintig boeke te lys nie. Twee boeke, of
selfs een, is net so waardevol!
Laat
ons weet.