Jou droom...
thehobbeehive.com |
Wat het Die
Lelike Eendjie, Die Keiser Se Nuwe Kleed en Die Prinses En Die Ertjie alles in
gemeen?
Hans
Christian Andersen natuurlik.
Die meeste
van ons het groot geword met hierdie feëverhale en ons weet dalk ook wie die
skrywer van hierdie geliefde stories was. Maar, so ʼn ruk gelede, beland ʼn
inligtingstuk oor Hans Christian Andersen in my hande en wat ek daar lees kan
ek amper nie glo nie…. sy hoërskool onderwysers het hom aangeraai om sy stories
in die asblik te gooi, want niemand sal dit ooit wil lees nie!
Wat as hy dit
gedoen het? Wat as hy hulle geglo het?
Hierdie
gedagte het my laat wonder of daar nóg sulke lewensverhale is en ek gaan doen
toe ʼn bietjie navorsing. Daar ontdek ek
dat die meeste van die groot name wat ons ken, nie sommer so oornag groot
geword het nie.
Hier is ʼn
paar voorbeelde:
Harland Sanders, die stigter van Kentucky
Fried Chicken, se resep is deur een duisend en nege restaurante afgekeur.
Henry Ford se
besigheid het hom vyf keer bankrot gelaat.
Walt Disney
is deur die koerant waar hy gewerk het afgedank omdat hy, volgens hulle, ʼn
tekort aan verbeelding en goeie idees gehad het!
Thomas Edison
se onderwysers het hom vertel dat hy te dom is om enige iets te leer en hy is
later in sy lewe twee keer afgedank. Hy het ʼn duisend onsuksesvolle pogings
gehad voordat die eerste gloeilamp in sy hand geskyn het.
Charles M.
Schulz, die skepper van Charlie Brown,
se strokiesprente is gedurig afgekeur deur sy hoërskool se jaarblad-komitee.
Sestig jaar later het hulle egter ʼn groot standbeeld van Snoopy in die skool se ingangsportaal opgerig.
Theodor Seuss
Geisel (Dr Seuss) se eerste manuskrip is sewe en twintig keer afgekeur voordat “And to think that I saw it on Mulberry
Street” die lig gesien het.
Daar is nog ʼn
baie lang lys van voorbeelde uit die lewens van mense soos Albert Einstein,
Soichiro Honda, F.W Woolworth, Bill Gates, Isaac Newton, die Wright broers en
Steven Spielberg om maar net ʼn paar op te noem.
As ʼn mens al
hierdie aanhouer-wen-verhale lees spring een vraag natuurlik in jou kop op: “En
wat van mý lewe?”
Wat is jou
droom?
Het jy die
eerste negatiewe kommentaar geglo en jou droom laat smoor? Dalk het jy vasgebyt
tot by die honderdste een en toe maar opgegee?
Jy sien, ek
glo elke mens word met ʼn droom gebore. God se droom vir jou lewe...
Maar die
vyand hou nie van daardie drome nie. Hy sal alles doen om daardie droom te
keer. Hy steek tonge aan die brand om daardie droom te verskroei nog voordat
die blare-koppie mooi behoorlik bokant die grond uit gestoot het. Soms stuur hy
ander dinge oor jou pad, tragedies, siektes, depressie, alles in ʼn poging om
die droom te smoor.
Moet dit nie
toe laat nie. Jy kan God se droom vir jou lewe laat waar word as jy vasbyt en
aanhou. Wat sou gebeur het as al hierdie mense opgegee het? Dink ʼn bietjie hoe
anders sou ons lewens gewees het sonder gloeilampe, vliegtuie en, ja, KFC?
Hans Cristian
Andersen, Walt Disney en Charles M. Schulz het nie die brandende tonge geglo
nie.
Jy hoef ook
nie.
Ken jy enige aanhouer-wen-verhale?
Dalk selfs jou eie? Ek sal dit graag wil hoor!