Wortels
“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor…” is nie net ʼn Afrikaanse spreekwoord nie. Dit staan in die Bybel (Mat 12:33-35). Dit is iets wat Jesus ges ê het. En dit beteken meer as net mooi praat of vloek. Jy sien, in jou hart l ê die wortels. Goeie-boom-wortels, of slegte-boom-wortels. Dalk selfs al twee. Die probleem is net dat slegte-boom-wortels die geneigdheid het om goeie-boom-wortels te verdring. Hulle groei ook altyd weer uit. Selfs al word die slegte boom afgekap. So eenmaal in elke drie of vier jaar, vaar ʼn span mense met kettingsae, die groenbelt langs ons huis in. Hulle doel? Om die Swartwattelbome uit te roei. Vir ʼn dag lank word daar gesaag en gekap en geswoeg en teen sonsondergang is die kloof uiteindelik skoon. Maar, daar is ʼn rede waarom hulle elke drie of vier jaar moet terugkom. Die bome is skaars af, of nuwe lote begin uit die stompe groei. Moet ook nie dink ʼn verwoestende veldbrand gaan hulle keer nie. Nee, d á n groei hulle eers! Wat is die