Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2015

Hoe oud is jy?

Ek het onlangs ʼn interessante vraag gelees: “How old would you be, if you didn’t know how old you are?” As jy nie ʼn idee gehad het in watter jaar jy gebore is nie en daar was niemand om vir jou te sê hoeveel verjaardae jy al gehad het nie. Hoe oud sou jy gedink het, is jy? Dit is ʼn goeie vraag. Ek dink ek sou onmiddellik geantwoord het ek is so pas een en twintig. Want, dit is hoe ek voel. Diep binne in elkeen se hart is ʼn jongmens, dalk selfs ʼn kind. Iemand wat soms groot skrik as hulle in die spieël kyk. Is daardie grys hare myne? En die dubbelken? Watse lyne is om my oë? Plooie? Wanneer het dit verskyn? Ek skrik selfs partykeer as ek ou skoolvriende raakloop. Veral as ek hulle laas nog in ʼn skooluniform gesien het! En dan wonder ek of hulle ook skrik. My pa sê altyd jy is so oud soos wat jy voel. Ek sal daarop staan. My oumagrootjie het drie en negentig jaar oud geword. Sy het skottelgoed gewas en beskuit gebak tot op die einde toe en jy moes nie eens aanbied om dit v

Prysuitdeling

Prent
Dit is weer daardie tyd van die jaar. Prysuitdelings. Dit is die tyd waarin ʼn mens vir twee ure op ʼn harde saal stoel sit en wag vir jou kind se naam om uiteindelik gelees te word. Jy is so besig om te wonder waarvoor sy ʼn prys gaan kry, dat jy nie juis luister watter pryse die ander tweehonderd kinders kry nie. As sy dan uiteindelik daar op die verhoog saam met haar klas staan, is jy weer so besig om foto’s te neem, dat jy inelkgeval nie eens mooi hoor wat op die stuk papier staan waaroor sy groot oog staan en loer nie. Maar jou hart swel van trots en jy sug van verligting dat haar naam wel uitgelees is. Ek kan nie help om te wonder waar prysuitdelings begin het nie…hoekom het mense besluit daar moet sertifikate, medaljes, balkies, trofee en allerhande dinge uitgedeel word om te wys hoe oulik iemand is? Wat van die outjie wat nie ʼn medalje kry nie? Of die een wat vol hoop na die trofee staar net om te sien hoe dit aan iemand anders oorhandig word? Die doel van ʼn skool pry

'n Brief aan my kind

Prent
My liewe kind… ʼn Nuwe emosie het in my wakker geword, die eerste keer wat ek jou hartjie hoor klop het. Dit is ʼn emosie wat ek nie voorheen gehad het nie, maar wat saam met jou groter en sterker gegroei het. Nou is dit so deel van my dat ek nie kan onthou hoe my lewe daarsonder was nie. Verwondering. Blydskap. Vrede. Verantwoordelikheid. Vrees. Nederigheid. Verbasing. Alles in een. Ek sou my lewe vir joune ruil. En sal nog steeds. Daardie eerste keer wat ek jou warm asempie teen my wang gevoel het en jou pasgebore velletjie geruik het, sal ek nooit in my lewe vergeet nie. Dit was op daardie oomblik wat die nuwe emosie my hele wese oorgeneem het. Ek weet nou dis hier om te bly. Vir so lank as wat ek lewe! Al die ouerskap boeke, al die toerusting en al die goedbedoelde raad was ewe skielik nie genoeg nie. Jy is jy. Hulle kon nog nie oor jou skryf in enige boek nie, want jy was nog nooit gewees nie. Op die ou end het ons geleer dat ons eie raad die beste raad is, al w

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *