Plasings

Wys tans plasings vanaf 2017

Christusfees

Prent
Is jou Kersboom al op? Was jy al dapper genoeg om die winkelsentrums te trotseer opsoek na Kersgeskenke? Het jy al deur jou resepte boeke begin blaai vir daardie Kersete wat niemand sal vergeet nie? Dalk selfs al ʼn vrugtekoek gebak? Ja, die boks met kersversierings het nog nie eens tyd gehad om behoorlik stof op te gaar nie, of jy moet hom alweer uit die kas gaan haal, so vinnig gaan die tyd verby. Het jy egter al vir ʼn paar minute gaan stil sit en wonder waarom jy dit alles doen? Wat vier jy? Liggies, Kersbome en Kersvader? Of vier jy Christus? Jy sien, die wêreld het Jesus so stukkie vir stukkie uit Kersfees uit gehaal. Presies, sal sommiges sê, dit is omdat Kersfees in die eerste plek nie oor Jesus gegaan het nie. En hulle is heeltemal reg. Dit is nie ʼn feit dat Jesus op die vyf en twintigste Desember gebore is nie. Die waarheid is, ten spyte van baie bespiegelinge en navorsing, weet niemand presies wanneer Jesus gebore is nie. Inteendeel, daar word beweer dat die Romeinse

'n Lening aan God

Prent
Mense raak vinnig ongemaklik as hulle gevra word om te gee. Kollekte, bydra, tiende, offerande, watter term ook al gebruik word, moet tog net nie te veel daarop hammer nie. Dit is die tema wat predikers gewoonlik met groot versigtigheid aanpak of liefs vermy. Tydens ʼn vyf jaar studie, wat sy hoogtepunt in 2013 bereik het, is bevind dat slegs 10-25 persent van families in ʼn gemeente hulle tiendes gee. Tog is daar amper 2000 verwysings in die Bybel oor die onderwerp van gee. Jesus het meer daarna verwys as na geloof en gebed saam. So wat is dan die probleem? Daar is blykbaar twee hoof redes waarom mense nie gee nie. Die grootste van die twee is dat mense nie weet waarom hulle moet gee nie. Is tiendes en offerandes nie net op die Ou Testament van toepassing nie? Die tweede rede is dat mense bang is hulle gaan verlies lei as hulle van hulle geld of besittings weggee. Hulle is bang hulle kan dit nie bekostig nie. Daarom het ek besluit om in die Bybel te gaan soek vir antwoorde

Daardie spesiale verse...

Prent
Het jy ook ʼn Bybelvers wat spesiaal joune is? ʼn Belofte waaraan jy vashou? Dalk het jy, soos ek, ʼn paar sulke verse. Beloftes wat die Here aan jou gemaak het. Daardie verse wat soos ʼn kers in jou donkerste tye aangesteek is en vir jou hoop gee. Vandag wil ek skryf oor daardie ligbakens op jou lewenspad. Ek wil hê jy moet hulle weer gaan opsoek en weer lees en weer jou eie, spesiale verse maak. En dan maak jy dit sigbaar. Skryf dit uit of druk dit uit of verf dit of kerf dit in hout of skryf dit in klei of mosaïek of kruissteek of wat ook al jou smaak is. Dan vertoon jy dit op so ʼn manier dat jy dit duidelik en gereeld kan sien en jy verklaar dit hardop en herinner die Here daaraan. Want jy mag. Dawid het dit gedoen. Hy het gesê: “Onthou tog u woord aan my, die woord waarop U my laat hoop het.” (Ps. 119:49) In Jes. 62:6b staan daar: “Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie stilbly nie.” (Is. 62:6) Hoekom? Omdat die Here dalk Sy beloftes vergeet

Om te deel...

Prent
Ek in God en God in my. Wat beteken dit?  ‘n Dooie tak wat onder ‘n vrugteboom lê beteken vir ‘n boer niks. Dit kan nie meer vrugte dra nie want dit is nie meer deel van die boom nie. Die tak is nie in die boom nie en die boom is nie in die tak nie. Dit is onmoontlik vir daardie tak om vrugte te dra. So wat doen die boer? Hy tel die tak op en gooi dit eenkant op ‘n hoop saam met ander dooie takke om verbrand te word. In Johannes 15 verwys Jesus na Homself as die wingerdstok en ons as die lote wat nie kan vrugte dra as ons nie in Hom en Hy in ons bly nie. Maar wat beteken dit om in Hom te bly? Die Complete Jewish Bible vertaal Joh. 15:5 soos volg (eie klem): “I am the vine and you are the branches. Those who stay united with me, and I with them, are the ones who bear much fruit; because apart from me you can’t do a thing.” Dit beteken dus om verenig te wees. Om deel te wees van Jesus. King James Version gebruik die woord “abide”. M.a.w om te bly, te woon . So

Onthou wat jy is

Prent
Wat sê jy nou eintlik as jy sê jy is ‘n Christen? ‘n Christen is iemand wat uitverkies, geroep en afgesonder is deur die Heilige Gees om gehoorsaam te wees aan God. Om heilig te wees soos wat Hy heilig is. Dit is iemand wat losgekoop is deur die kosbare bloed van die Lam van God, Jesus Christus.  Christene is weergebore mense. Gebore uit onverganklike saad, dit is die lewende en ewige woord van God. Die evangelie.   ‘n Christen se geloof is vir God kosbaarder as goud. Hy toets dit en suiwer dit in die vuur van beproewing sodat dit vereer en geloof kan word met Jesus se wederkoms. Deur Jesus se opstanding uit die dood het Christene lewende hoop, vrede wat alle verstand te bowe gaan, onuitspreeklike blydskap en lewe in oorvloed. Om op te som, as ek sê ek is ‘n Christen, dan sê ek eintlik: Ek is uitverkies, geroep, afgesonder, losgekoop en besprinkel met Jesus se bloed, weergebore, gelouter, heilig en vol hoop, lewe, blydskap en vrede. Ek weet nie van

Julle ken die pad...

Prent
In Johannes 14:1-6 vertel Jesus aan sy dissipels dat hy na die Vader toe gaan om vir hulle ʼn plek gereed te maak en dat hulle reeds die pad na die Vader toe ken. Op hulle verbasing oor hierdie stelling verduidelik Hy dat Hy die pad is. Die weg, die waarheid en die lewe. Daar is geen ander manier om by die Vader uit te kom nie. Dit is wat ons glo. Dit is waarom ons Christene genoem word. Ons ken die Weg na God. Die enigste manier om met Hom versoen te wees en in die Hemel toegelaat te word. Die redenasie dat dieselfde God wat ons aanbid, ook in ander gelowe, onder andere, Hindu, Budisme en Islam aanbid word, is al jare oud. Daar word beweer dat hulle net ander paaie na God toe ken en dat Christus nie die enigste weg is nie. Deesdae is die nuutste toevoeging tot hierdie lysie, Toordokters, of Sangomas, soos wat baie van ons hulle ken. Om die redenasie aan te voer dat Toordokters vir God aanbid as hulle Here is, in my opinie, belaglik. Wat toordokters doen, is presies die di

'n Nuwejaarsvoorneme...

Prent
Ek wil graag die volgende storie met julle deel… Daar was eenmaal ʼn man met ʼn groot, deftige huis. Hy het Jesus genooi om saam met hom in die huis te kom woon en het die heel beste gastekamer vir Hom gegee. Een oggend was daar ʼn klop aan die deur. Die man het die deur oopgemaak en die duiwel het deur die opening gebars en sy hele huis vernietig. Oral was daar verwoesting, behalwe vir die gastekamer. Baie ontsteld het die man vir Jesus gevra hoe Hy so iets kon toelaat. Jesus het geantwoord dat Hy net toegang tot die gastekamer het. Onmiddellik het die man toe vir Jesus die hele boonste verdieping van sy huis gegee. ʼn Week later was daar weer ʼn klop aan die deur. Weereens het die duiwel ingestorm en die hele onderste verdieping van die deftige huis verniel. Weereens was die man baie teleurgesteld dat Jesus nie die duiwel gekeer het nie. Jesus se antwoord was dat Hy net in beheer van die boonste verdieping is en dat díe gedeelte van die huis onaangeraak is. Uiteindelik het die man ve

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *