Plasings

Wys tans plasings vanaf Januarie, 2016

'n Uitdaging

Prent
Ja, daar is slegte nuus. Ek het nie nodig om jou in te lig nie. Lees die koerante… Groot ekonomiese probleme. Moordenaars. Terroriste. Bedrieërs. Onregverdige besluite. Bespotting. Afpersing. Wag, ek weet jy wil sommer nou ophou lees. Maar hierdie is nie ʼn “O! Help ons tog! Wat gaan van ons word?” blog nie. Nee, ek wil jou uitdaag om anders, as die mense om jou, na alles te kyk… Jy sien, die meeste mense kyk na die wêreld sonder God. Dit is wanneer jy moedeloos word. Gaan lees ʼn bietjie die verhaal van Nehemia in die Bybel. Hy het ook slegte nuus gehoor. Nuus wat hom so ontstel het, dat hy vir vier maande daaroor getreur het. Maar hy het nie net getreur nie, hy het gebid ook en terselfdertyd begin planne maak om die situasie om te keer. Sodat, toe die geleentheid oor sy pad kom, hy gereed was om aksie te neem. Onder sy strategiese leierskap is daar begin om die mure van Jerusalem te herbou. Dit was glad nie ʼn maklike taak nie, want, raai waarmee moes hulle alles op

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *