Plasings

Wys tans plasings vanaf September, 2015

'n Brief aan Ma

Prent
Liewe Ma… Om vier kinders te kan groot maak moet ʼn mens hare op jou tande hê. Want elke kind is ʼn klein beginner-mensie. Dis moeilik genoeg om een beginner-mensie in die regte rigting te stuur. Hoe doen ʼn mens dit met vier? So hierdie is ʼn dankie-sê-brief. Dankie vir die Bybel stories en die kerk toe gaan. Dankie vir “Ek is ʼn kindjie klein…” gebedjies en “ons praat nie so nie” vermanings. Dankie vir die kerk kampe en my Bybel. Dankie dat ma dáár was. Elke middag na skool gereed om met huiswerk te help en vir ure te sit en wag by naskoolse aktiwiteite. Dankie dat ons nie nodig gehad het om ooit vermaak op ander plekke as by ons huis te gaan soek nie. Daar was altyd iets om te doen naweke en vakansies. Dankie dat ons buite kon speel en in die ou wilgerboom kon klim. En die siek-dae…hoe baie keer het ek nie, noudat ek self ʼn ma is, gewens Ma kon my kom versorg as ek siek is nie! Dan was daar verjaarsdae en Kersfees. Die spesiaal opgemaakte pakkies met spesiaal uitgeso

Kaalvoet deur die wildernis

Prent
My staptog deur die wildernis het veertien jaar gelede begin... Daardie dag toe ek, op my verjaarsdag, gehoor het dat ek ʼn chroniese siekte het. Nee, ek gaan nie sê watter verjaarsdag dit was nie, so maklik gee ek nie my ouderdom weg nie (hehehe)! Rheumatoϊde Artritis... wat op aarde is dit? Ek het ook nie geweet nie. Later, in ʼn spesialis se spreekkamer sou ek hoor dit is ʼn outo-immuun-siekte. Om een of ander rede besluit jou immuunstelsel jy is die vyand en word jou liggaam aangeval. In die geval van RA is dit jou gewrigte wat deurloop. Was ek kwaad? Ja. Was ek bang? Ja. Het ek myself jammer gekry? Vreeslik baie. Het ek gebid vir genesing? Nee... Hoekom nie? Ek is self nie heeltemal seker nie. Dalk het ek gedink dat dit nou maar my lot is en klaar. Dalk was ek te kwaad vir God. Dalk het ek gedink dat ek seker maar verdien wat my oorkom en dat ek oor een of ander groot sonde gestraf word. Ek weet nie. Wat ek wel weet, is dat ek baie met God baklei het. Ek wou weet hoekom.

Jou droom...

Prent
thehobbeehive.com Wat het Die Lelike Eendjie, Die Keiser Se Nuwe Kleed en Die Prinses En Die Ertjie alles in gemeen?   Hans Christian Andersen natuurlik. Die meeste van ons het groot geword met hierdie feëverhale en ons weet dalk ook wie die skrywer van hierdie geliefde stories was. Maar, so ʼn ruk gelede, beland ʼn inligtingstuk oor Hans Christian Andersen in my hande en wat ek daar lees kan ek amper nie glo nie…. sy hoërskool onderwysers het hom aangeraai om sy stories in die asblik te gooi, want niemand sal dit ooit wil lees nie! Wat as hy dit gedoen het? Wat as hy hulle geglo het? Hierdie gedagte het my laat wonder of daar nóg sulke lewensverhale is en ek gaan doen toe ʼn bietjie navorsing.  Daar ontdek ek dat die meeste van die groot name wat ons ken, nie sommer so oornag groot geword het nie. Hier is ʼn paar voorbeelde: Harland Sanders, die stigter van Kentucky Fried Chicken , se resep is deur een duisend en nege restaurante afgekeur. Henry Ford se be

Om te weet

Ek is op die punt daarvan om saam met die ek van vyf en twintig jaar gelede koffie te drink…wat sal ek haar vertel? Sy behoort nou enige tyd hier in te stap. Sal ek haar herken? Ek trek weer die foto uit my handsak uit vir ‘n laaste loer. Dit sal darem ‘n baie groot verleentheid wees as ek nie eens myself herken nie. Maar dan…sal sy my ooit herken? Daar het seker nie te veel verander nie? Of wag, laat ek net seker maak, en ek haal my handspieëltjie uit. Sjoe…hare baie ligter, met ‘n paar silwer strepe hier en daar wat uitdagend reggop staan. Oë… nog dieselfde diep blou met swart omlyn…maar tog anders…die vensters na my siel… Sy staan skielik daar. Onseker langs die stoeltjie. Ek laat sak die handspieëltjie en prop die foto vinnig in my handsak. “Hallo?” sê sy “Hallo,” sê ek, “sit.” Sy gaan sit en staar grootoog na my. Ek druk die hardnekkige grys strepe plat en glimlag so vriendelik as moontlik. “Jy is mooi,” sê sy en glimlag terug. Ek sug verlig: “jy ook.” “Jy ly

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *