Plasings

Wys tans plasings vanaf 2015

'n Hoopvolle begin

Ek wonder partykeer waarom mense nou juis die begin van ʼn nuwe jaar vier. Waarom bly ons wakker tot middernag toe, net om te kan se: “Voorspoedige Nuwejaar!” en ʼn glasie te klink? Dalk het dit baie met hoop te doen. Ons hoop dat hierdie jaar beter as die vorige een sal wees. Voor ons l ê drie honderd vyf en sestig nuwe dae. En, as ek dit nie mis het nie, is 2016 ʼn skrikkeljaar, so ons kry sommer nog ʼn ekstra dag by! Enige iets kan in drie honderd ses en sestig dae gebeur. Maar, ons huil nie daaroor in die middernagtelike ure nie… ons juig daaroor en wens mekaar voorspoed toe. Dit is hoop. Ons maak die keuse om dit ʼn beter jaar te maak want ons stel Nuwejaarsvoornemens op. Ons hou van nuut begin. ʼn Nuwe blaadjie omslaan. ʼn Kans om weer te probeer. Ek dink God het aan ons ʼn wonderlike vermo ë gegee. ʼn Geskenk, naamlik, die vermo ë om te vernuwe. Jy hoef nie om en om in dieselfde groef te loop jaar na jaar nie. Jy kan, met God se hulp, uit daardie groef klim en ʼn nuwe pa

Herders

Prent
“Herders op die ope velde, het die nag die eng’lekoor, met die blye evangelie, uit die hemel aangehoor…” Hoekom juis die herders? Hoekom nie “die hoëpriester daar in die tempel, het die nag die eng’lekoor…” of “die baie geleerde fariseër” of “koning Herodes op sy troon…” nie? Dit was immers ʼn baie belangrike gebeurtenis vir die Jode. Die koms van die Messias. Van geslag tot geslag is die verwagting oorgedra. Die skrifgeleerdes en fariseërs en hoëpriesters het die geskrifte bestudeer, gesorg dat hulle al die wette haarfyn nakom en gewag vir die koms van die Messias. Waarom het God dan besluit om die groot nuus met herders te deel en nie met die godsdienstigste fariseër of die mees geleerde skrifgeleerde nie? Wie was die herders dan nou eintlik? Wel, hulle was nie vreeslik belangrik nie. Hulle was die ouens wat wind en weer moes trotseer om ander se skape op te pas. ʼn Mens hoef nie baie geletterd te wees om dit te kan doen nie. Daar is op hulle neergesien. Hulle was

Hoe oud is jy?

Ek het onlangs ʼn interessante vraag gelees: “How old would you be, if you didn’t know how old you are?” As jy nie ʼn idee gehad het in watter jaar jy gebore is nie en daar was niemand om vir jou te sê hoeveel verjaardae jy al gehad het nie. Hoe oud sou jy gedink het, is jy? Dit is ʼn goeie vraag. Ek dink ek sou onmiddellik geantwoord het ek is so pas een en twintig. Want, dit is hoe ek voel. Diep binne in elkeen se hart is ʼn jongmens, dalk selfs ʼn kind. Iemand wat soms groot skrik as hulle in die spieël kyk. Is daardie grys hare myne? En die dubbelken? Watse lyne is om my oë? Plooie? Wanneer het dit verskyn? Ek skrik selfs partykeer as ek ou skoolvriende raakloop. Veral as ek hulle laas nog in ʼn skooluniform gesien het! En dan wonder ek of hulle ook skrik. My pa sê altyd jy is so oud soos wat jy voel. Ek sal daarop staan. My oumagrootjie het drie en negentig jaar oud geword. Sy het skottelgoed gewas en beskuit gebak tot op die einde toe en jy moes nie eens aanbied om dit v

Prysuitdeling

Prent
Dit is weer daardie tyd van die jaar. Prysuitdelings. Dit is die tyd waarin ʼn mens vir twee ure op ʼn harde saal stoel sit en wag vir jou kind se naam om uiteindelik gelees te word. Jy is so besig om te wonder waarvoor sy ʼn prys gaan kry, dat jy nie juis luister watter pryse die ander tweehonderd kinders kry nie. As sy dan uiteindelik daar op die verhoog saam met haar klas staan, is jy weer so besig om foto’s te neem, dat jy inelkgeval nie eens mooi hoor wat op die stuk papier staan waaroor sy groot oog staan en loer nie. Maar jou hart swel van trots en jy sug van verligting dat haar naam wel uitgelees is. Ek kan nie help om te wonder waar prysuitdelings begin het nie…hoekom het mense besluit daar moet sertifikate, medaljes, balkies, trofee en allerhande dinge uitgedeel word om te wys hoe oulik iemand is? Wat van die outjie wat nie ʼn medalje kry nie? Of die een wat vol hoop na die trofee staar net om te sien hoe dit aan iemand anders oorhandig word? Die doel van ʼn skool pry

'n Brief aan my kind

Prent
My liewe kind… ʼn Nuwe emosie het in my wakker geword, die eerste keer wat ek jou hartjie hoor klop het. Dit is ʼn emosie wat ek nie voorheen gehad het nie, maar wat saam met jou groter en sterker gegroei het. Nou is dit so deel van my dat ek nie kan onthou hoe my lewe daarsonder was nie. Verwondering. Blydskap. Vrede. Verantwoordelikheid. Vrees. Nederigheid. Verbasing. Alles in een. Ek sou my lewe vir joune ruil. En sal nog steeds. Daardie eerste keer wat ek jou warm asempie teen my wang gevoel het en jou pasgebore velletjie geruik het, sal ek nooit in my lewe vergeet nie. Dit was op daardie oomblik wat die nuwe emosie my hele wese oorgeneem het. Ek weet nou dis hier om te bly. Vir so lank as wat ek lewe! Al die ouerskap boeke, al die toerusting en al die goedbedoelde raad was ewe skielik nie genoeg nie. Jy is jy. Hulle kon nog nie oor jou skryf in enige boek nie, want jy was nog nooit gewees nie. Op die ou end het ons geleer dat ons eie raad die beste raad is, al w

Boeke wat my hartsnare gepluk het

Prent
Vandag wil ek bieg oor ʼn swakheid. Boeke. My man weet al hy moet wye draaie met my om ʼn boekwinkel loop, want as ek eers daar instap spandeer ek gewoonlik ʼn onbehoorlike persentasie van my salaris! Ek het ʼn liefde vir boeke wat al van kleintyd af kom. Om die waarheid te sê, wonder ek ook partykeer of ek nie dalk al kon lees van geboorte af nie, soos Scout, in Harper Lee se To Kill a Mockingbird. Om verdiep te kan raak in ʼn boek is ʼn wonderlike ervaring. Om op reis te gaan na ʼn ander tyd en plek terwyl jy op een plek stilsit is fenomenaal. Daarom het ek dit goed gedink om van die boeke, wat ʼn verskil in my lewe gemaak het, met julle te deel. Om die lys kort en kragtig te hou, het ek besluit om by boeke met ʼn Christelike grondslag te bly, vir eers… My heel gunsteling boek, natuurlik, is Die Bybel. Was nog altyd en sal altyd bly. Die beste boek om saam met Die Bybel te lees is The Dake Annotaded Reference Bible. Strikvraag? Trek die Dake nader. Dit werk vir my.

Brood van die lewe

C.S Lewis het gesê: “You don’t have a soul. You are a Soul. You have a body.” Ek het onlangs die boek, 90 minutes in heaven , deur Don Piper, gelees. Hy het ʼn baie ernstige motorongeluk oorleef nadat ʼn dominee in die wrak van sy motor geklim en vir hom gebid het. Hy was eintlik reeds dood, maar die dominee se gebed het hom uit die dood uit terug gebring. In die boek vertel hy wat met hom gebeur het tydens die negentig minute waarin hy dood was. Hoe hy vriende en familie wat reeds oorlede was gesien het en hoe asemrowend die hemel is. Ja, ek weet wat jy dink. En dis goed so. ʼn Mens moet maar altyd bietjie skepties oor sulke stories wees. Ek het ook al baie van hulle gelees wat my hardop laat lag het. Maar, daar is ʼn egtheid aan hierdie verhaal wat jou kritiese stemmetjie stil maak. In die boek maak Don Piper ʼn stelling wat my goed laat nadink het. Hy sê: “I felt as if I had never seen, heard, or felt anything so real before. Never, even in my happiest moments, had I ev

Altyd betyds

Prent
“Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo,” Inderdaad meneer Leipoldt. ʼn Maand om oor te dig! Uiteindelik is alles weer groen en mense se harte roer met ʼn vars opgewondenheid oor die lewe. Vrolike kinder-geluide weergalm in die kloof soos wat daar weer buite gespeel en geswem word. Gesinne eet aandetes saam op die stoep en gesels tot laat in die nag. Van my beste herinneringe, is die somernag geselsies saam met my pa. Ons kon vir ure so op die stoep sit en filosofeer oor die lewe. Dit is vir my asof mense uit hulle gate kruip in Oktober. Asof daar weer gelééf word. Die winter-griepe en verkoues is vergete en trooskos word met nuwe ywer afgedraf. Dan is daar die blomme. Rose, rose, rose. Ek moet bieg. Dit is een van die grootste redes waarom Oktober my gunsteling maand is! Van rose sal ek seker nooit genoeg kry nie. D

'n Woord

Prent
Liefste God… Daardie lem weet presies waar my siel eindig en my gees begin. Die lem van U stem. Ek het nie eens geweet daar is so ʼn plek nie. Maar U lem het hulle netjies van mekaar geskei. En toe, net soos wat Lasarus uit die graf uit geroep is, word my gees geroep. En my gees gehoorsaam. Word lewend, staan op en gaan uit om die stem te ontmoet. Die stem wat toe al die tyd eintlik lewe. Dieselfde stem wat eens op ʼn tyd gesê het: “Laat daar lig wees…” skape toe weer. Hierdie keer ʼn nuwe gees. ʼn Nuwe mens. So staan ek toe voor U. Die mens wat weer gebore is. Die mens wat U woord gehoor en dit aangeneem het. Geglo het. Skoon gewas deur die Woord wat my geroep het en wat ek ontmoet het en aan wie ek nou behoort. En dit is toe dat ek besef U woord is skerper as ʼn swaard met twee snykante. Dit sny deur die gedagtes in my hart en skei die goeies van die slegtes. Dit weet selfs van die slegtes wat maak of hulle goeies is. Daar is gedagtes wat ek dink is goed…maar dan kom U lem en sny

'n Brief aan Ma

Prent
Liewe Ma… Om vier kinders te kan groot maak moet ʼn mens hare op jou tande hê. Want elke kind is ʼn klein beginner-mensie. Dis moeilik genoeg om een beginner-mensie in die regte rigting te stuur. Hoe doen ʼn mens dit met vier? So hierdie is ʼn dankie-sê-brief. Dankie vir die Bybel stories en die kerk toe gaan. Dankie vir “Ek is ʼn kindjie klein…” gebedjies en “ons praat nie so nie” vermanings. Dankie vir die kerk kampe en my Bybel. Dankie dat ma dáár was. Elke middag na skool gereed om met huiswerk te help en vir ure te sit en wag by naskoolse aktiwiteite. Dankie dat ons nie nodig gehad het om ooit vermaak op ander plekke as by ons huis te gaan soek nie. Daar was altyd iets om te doen naweke en vakansies. Dankie dat ons buite kon speel en in die ou wilgerboom kon klim. En die siek-dae…hoe baie keer het ek nie, noudat ek self ʼn ma is, gewens Ma kon my kom versorg as ek siek is nie! Dan was daar verjaarsdae en Kersfees. Die spesiaal opgemaakte pakkies met spesiaal uitgeso

Kaalvoet deur die wildernis

Prent
My staptog deur die wildernis het veertien jaar gelede begin... Daardie dag toe ek, op my verjaarsdag, gehoor het dat ek ʼn chroniese siekte het. Nee, ek gaan nie sê watter verjaarsdag dit was nie, so maklik gee ek nie my ouderdom weg nie (hehehe)! Rheumatoϊde Artritis... wat op aarde is dit? Ek het ook nie geweet nie. Later, in ʼn spesialis se spreekkamer sou ek hoor dit is ʼn outo-immuun-siekte. Om een of ander rede besluit jou immuunstelsel jy is die vyand en word jou liggaam aangeval. In die geval van RA is dit jou gewrigte wat deurloop. Was ek kwaad? Ja. Was ek bang? Ja. Het ek myself jammer gekry? Vreeslik baie. Het ek gebid vir genesing? Nee... Hoekom nie? Ek is self nie heeltemal seker nie. Dalk het ek gedink dat dit nou maar my lot is en klaar. Dalk was ek te kwaad vir God. Dalk het ek gedink dat ek seker maar verdien wat my oorkom en dat ek oor een of ander groot sonde gestraf word. Ek weet nie. Wat ek wel weet, is dat ek baie met God baklei het. Ek wou weet hoekom.

Jou droom...

Prent
thehobbeehive.com Wat het Die Lelike Eendjie, Die Keiser Se Nuwe Kleed en Die Prinses En Die Ertjie alles in gemeen?   Hans Christian Andersen natuurlik. Die meeste van ons het groot geword met hierdie feëverhale en ons weet dalk ook wie die skrywer van hierdie geliefde stories was. Maar, so ʼn ruk gelede, beland ʼn inligtingstuk oor Hans Christian Andersen in my hande en wat ek daar lees kan ek amper nie glo nie…. sy hoërskool onderwysers het hom aangeraai om sy stories in die asblik te gooi, want niemand sal dit ooit wil lees nie! Wat as hy dit gedoen het? Wat as hy hulle geglo het? Hierdie gedagte het my laat wonder of daar nóg sulke lewensverhale is en ek gaan doen toe ʼn bietjie navorsing.  Daar ontdek ek dat die meeste van die groot name wat ons ken, nie sommer so oornag groot geword het nie. Hier is ʼn paar voorbeelde: Harland Sanders, die stigter van Kentucky Fried Chicken , se resep is deur een duisend en nege restaurante afgekeur. Henry Ford se be

Om te weet

Ek is op die punt daarvan om saam met die ek van vyf en twintig jaar gelede koffie te drink…wat sal ek haar vertel? Sy behoort nou enige tyd hier in te stap. Sal ek haar herken? Ek trek weer die foto uit my handsak uit vir ‘n laaste loer. Dit sal darem ‘n baie groot verleentheid wees as ek nie eens myself herken nie. Maar dan…sal sy my ooit herken? Daar het seker nie te veel verander nie? Of wag, laat ek net seker maak, en ek haal my handspieëltjie uit. Sjoe…hare baie ligter, met ‘n paar silwer strepe hier en daar wat uitdagend reggop staan. Oë… nog dieselfde diep blou met swart omlyn…maar tog anders…die vensters na my siel… Sy staan skielik daar. Onseker langs die stoeltjie. Ek laat sak die handspieëltjie en prop die foto vinnig in my handsak. “Hallo?” sê sy “Hallo,” sê ek, “sit.” Sy gaan sit en staar grootoog na my. Ek druk die hardnekkige grys strepe plat en glimlag so vriendelik as moontlik. “Jy is mooi,” sê sy en glimlag terug. Ek sug verlig: “jy ook.” “Jy ly

Volg my op Facebook

Kontakvorm

Naam

E-pos *

Boodskap *