Tuesday, September 15, 2009

Lewens lesse





Ek het die volgende per e pos gekry. Dit is lewenslesse geskryf deur Regina Brett. Ek het haar gaan google hier
anders as wat in die e pos vermeld is, is Regina nie 90 nie, maar het 50 geword in 2006. Nietemin bly die boodskap nogsteeds een van my gunstelinge.

To celebrate growing older, I once wrote the 45 lessons life taught me.

It is the most-requested column I’ve ever written. My odometer rolls over to 50 this week, so here’s an update:

1. Life isn’t fair, but it’s still good.

2. When in doubt, just take the next small step.

3. Life is too short to waste time hating anyone.

4. Don’t take yourself so seriously. No one else does.

5. Pay off your credit cards every month.

6. You don’t have to win every argument. Agree to disagree.

7. Cry with someone. It’s more healing than crying alone.

8. It’s OK to get angry with God. He can take it.

9. Save for retirement starting with your first paycheck.

10. When it comes to chocolate, resistance is futile.

11. Make peace with your past so it won’t screw up the present.



12. It’s OK to let your children see you cry.

13. Don’t compare your life to others’. You have no idea what their journey is all about.

14. If a relationship has to be a secret, you shouldn’t be in it.

15. Everything can change in the blink of an eye. But don’t worry; God never blinks.

16. Life is too short for long pity parties. Get busy living, or get busy dying.

17. You can get through anything if you stay put in today.

18. A writer writes. If you want to be a writer, write.

19. It’s never too late to have a happy childhood. But the second one is up to you and no one else.

20. When it comes to going after what you love in life, don’t take no for an answer.

21. Burn the candles, use the nice sheets, wear the fancy lingerie. Don’t save it for a special occasion. Today is special.

22. Overprepare, then go with the flow.

23. Be eccentric now. Don’t wait for old age to wear purple.

24. The most important sex organ is the brain.

25. No one is in charge of your happiness except you.




26. Frame every so-called disaster with these words: “In five years, will this matter?”

27. Always choose life.

28. Forgive everyone everything.

29. What other people think of you is none of your business.

30. Time heals almost everything. Give time time.

31. However good or bad a situation is, it will change.

32. Your job won’t take care of you when you are sick. Your friends will. Stay in touch.

33. Believe in miracles.

34. God loves you because of who God is, not because of anything you did or didn’t do.

35. Whatever doesn’t kill you really does make you stronger.

36. Growing old beats the alternative – dying young.

37. Your children get only one childhood. Make it memorable.

38. Read the Psalms. They cover every human emotion.

39. Get outside every day. Miracles are waiting everywhere.

40. If we all threw our problems in a pile and saw everyone else’s, we’d grab ours back.

41. Don’t audit life. Show up and make the most of it now.

42. Get rid of anything that isn’t useful, beautiful or joyful.

43. All that truly matters in the end is that you loved.

44. Envy is a waste of time. You already have all you need.

45. The best is yet to come.

46. No matter how you feel, get up, dress up and show up.

47. Take a deep breath. It calms the mind.

48. If you don’t ask, you don’t get.

49. Yield.

50. Life isn’t tied with a bow, but it’s still a gift.


Maak jou lewe feeste!!




Sunday, September 13, 2009

As jy vandag sou sterf?



Op 'n sonnige dag in die winter van 1979 sit sy buite op die gras en kitaar speel en sing vir die miere en gogga's. Skielik verskyn daar 'n mans kop oor die muur "Wat doen jy Rooikop"?
"Uhmm is jy blind"? vra die rooikop terug. "Hoor hier my broer wil jou iets vra" sê die kop wat oor die muur loer. "Nou laat hom vra" antwoord die rooikop terug. "Ek gaan hom gou roep" sê die kop en verdwyn. Dit was die begin van my en my geliefde se liefdes reis en die kop wat oor die muur geloer het, was my Teddie se broer, die een wat ons bymekaar gebring het. Want natuurlik wou Teddie my nie iets vra nie!!! *wink* Die boetie het "Cupido" gespeel.

Ons het die "Boetie" Donderdag verloor, hy het na die anderkant vertrek.

Wanneer jy met die dood kennis maak, los dit jou nie net met 'n magtelose hartseer nie maar dit laat jou ook weer herbesin oor die lewe of jou eie lewenspad nog op koers is.

Voldoen ek nog aan al die vereistes?

Dis maklik om te sê jy is 'n Christen. Ons neem maklik aan dat solank jy kerk toe gaan, bid, die bybel lees en in God glo is ons veilig.

Ongelukkig is dinge nie so maklik nie. En terwyl mens nog op aarde is moet mens sorg dat jy dit regmaak. Die dood kom so vinnig, en soms het jy nie tyd om dit reg te maak nie. Is jy gereed?

Deel jou lewe met Jesus. Laat hom deel wees van jou gedagtes en gesprekke.
Sorg dat jy opreg en eerlik lewe.
Lewe gehoorsaam aan God en sy woord.
Maak God jou prioriteit, jy moet God bo alles lief hê.
Glo soos 'n kind.

Jy het 'n keuse. Dis jou besluit waar jy die ewigheid wil deurbring.
Is jy gereed?

Friday, September 11, 2009

I Am Who I am






I AM…


Who I AM


Through all and because of


All I have done


All I have seen


All I have experienced



I AM…


Who I AM


For what I have said


And did not say


For what I have heard


And not heard



I AM…


Who I AM


Because of all of you


All who have been in my life


Because of all the love


And no love



I AM…


Who I AM


Because God made me


Because God loves me…unconditionally


Because, I AM…


A child of God

Tuesday, September 1, 2009

Vergifnis

Vergifnis is nie maklik nie
Dit beteken om aan ander iets te gee wat jy soms nie wil gee nie.
Moontlik is jy nog seer.
Maar om sonder seer en pyn te lewe.
Is vergifnis 'n baie belangrike geskenk wat mens aan vriend en vyand moet weggee.

Om wrokke rond te dra en nie te vergewe, is soos 'n wond wat nie versorg word. Dit word septies en al erger. Ons kan dit nie ignoreer, dit sal nie vanself weggaan nie.

Somtyds is daar nie redes vir wat een mens aan 'n ander doen nie.
Geen verskonings of verduideliking om hulle te vergewe.

Maar mens moet onthou, Jesus het ons geleer om te vergewe.

Dit is beter om vorentoe te beweeg as om bitter en seer te lewe.

Vergifnis laat negatiewe gevoelens die wyk neem. Dit bevry ons om weer in liefde die lewe voluit te lewe. Dit versag 'n harde hart.

Ja vergifnis is baie moeilik om weg te gee. Maar ons moet...

as ons wil hê dat God ons moet vergewe.

Geniet die lente.

Groete
Muriel







Wednesday, August 19, 2009

Deel van my lewensreis....





Aan my geliefde Blogspot maats. Soos julle almal reeds weet het ek sommer baie blogs. Die laaste tyd was dinge nie so maklik in my blog lewe nie. Maar van my beste vriende, meeste wat natuurlik hier uithang, het alreeds van my "groot geheim" geweet. Dit was eindelik nooit 'n geheim gewees nie, ek het net nooit gedink dat dit regtig saak maak nie. En het alreeds dit so ligtelik aangeraak op een van my inskrywings hier.

Ek plaas die inskrywing wat ek op my ander blogs gemaak het ook hier sodat daar geen onduidelikheid in die toekoms kan wees en mense dink dat ek moontlik fake is of agter maskers wegkruip nie.

Met jou hand in Jesus sin is die lewe 'n fees.

Groete



Na die laaste paar ure, weke en maande se hel het ek besluit dat ek moeg is vir afpersing en “onthullings” en beskuldigings van fakes en maskers.

My vraag bly nogsteeds het mens regtig nodig om alles met die blog wêreld te deel? Laat my mos dink aan ‘n celebrity wat geen privaatheid in sy lewe gegun word nie. :roll:

Hiermee baie dankie aan Adrie wat graag die inskrywing oor onthullings wou maak:

Ons Dorings het blogjols en blogkuiers. Die uitnodigings daarvoor is die enigste verskil. ‘n Blogjol is oop vir die wêreld en sy maat. Blogkuiers is kleiner. Dit beteken gewoonlik dat ‘n geliefde blogger onverwags in die omgewing is, waarskynlik vir ‘n beperkte tyd. ‘n Paar van ons sal hom/haar vinnig ontmoet vir koffie, maar dit is nie die moeite werd vir mense om deur te ry nie.

Ons sal ook soms mense van wie ons besonders baie hou nooi om ons op daardie kuier te ontmoet. Dit is net makliker om ‘n klein groupie te ontmoet as ‘n groep van 15+ wat mekaar al goed ken. Een van die mense wat so ‘n uitnodiging ontvang het was Wipneus. Wat sy vriendelik maar ferm van die hand gewys het. Natuurlik het ons haar gat gelek, maar haar nee bly (meestal :evil: ) NEE.

Ons was nie juis verbaas toe ek die oproep kry nie. Mense word gereeld gemms en gebel tydens die kuiers. Wip het mos gesê sy kuier in die gees saam en sy wil seker net Hallo. Ek was na buite om die oproep te neem en dit was maar net ‘n kortaf waar is julle. Ek het verduidelik en sy het gesê dat sy ons nie sien nie. Ek het genoem dat ek buite staan, maar dat sy net vir die tafel met die ousie moet soek. Sy het my raak gesien en gesê dat sy nou daar sal wees.

Ek het geweet dat Wipneus ‘n lang vrou is. Ek het vinnig rond geloer, maar het niks gesien nie. Ek moet dalk noem dat daar toe al lank ‘n getergery oor foto’s was. Sy het vir my ‘n halwe foto van haarself gestuur en ek het ‘n kwart foto van een van my bloggers terug gestuur. Ek het niemand gesien wat besonders lank is nie en is toe weer na binne om die ander te vertel dat ons ‘n verrassing het.

Ons het die man en die vrou gesien inkom en eers nie gekop nie. Soos hulle met ‘n glimlag nader gestap het, het ek besef. Goeie fok! Is dit die vrou wat op die maan dans? Wat kombuis toe hol of die kantoor toe hol as die manne aanjaag? Daar is geen fokken manier dat sy kan hol nie. Ons het nooit ‘n vrou in ‘n rolstoel verwag nie.

Ja, julle het reg gelees. Wipneus is al langer as twee dekades in ‘n rolstoel nadat sy die gebruik van haar voete in ‘n ongeluk verloor het. Wat beteken dat sy ‘n man tussen die bene kan skop as sy so voel, maar sy kan nie opstaan en agter ‘n skelm aanhardloop nie.

Ja, ons het ‘n skok gekry – maar Wipneus ook. Daar was tweeling, drieling en ‘n kloon om uit te figure, wat sy met haar gewone entoesiasme aangepak het. Binne sekondes is die rolstoel vergete. Want sien, Wipneus het vlerke aan haar voete. Geen rolstoel kan haar lewenslus demp nie. Sy lewe met volle oorgawe.

‘n Blog wys dalk nie iemand se uitdagings nie. ‘n Blog wys wel baie duidelik wat iemand se binneste is. Wipneus is eintlik nie ‘n mens nie, sy is net ‘n hart. Een wat altyd die mooi in almal raak sien, wat saam met ‘n ander seerkry en juig vir elke mens se klein oorwinning. Sy is presies dieselfde mens van die blog af. Met daardie eerste ontmoeting het ek byvoorbeeld gesien hoe haar oë vol trane skiet vir ‘n ander mens se lyding dekades terug. As sy op haar blog belowe dat sy lag, dan skaterlag sy. As sy sê sy tjank, kan jy maar weet die snot spat. En as sy dans, dan dans sy dat die stof so staan in haar hart.

Iemand glo dat Wipneus haar rolstoel wegsteek. Sy doen nie. Sy het net al lankal van die ding vergeet.

Adrie.

Ns: Aan “die een” wat die dreigemente gemaak het, noudat alles in die ope is, kan ek jou verseker dat jou lewe baie boring gaan wees. Myne daarenteen gaan aan soos gewoonlik, want raai wat? Ek het ‘n lewe, ‘n baie vol en gelukkige lewe. Die wat moes weet het geweet, moontlik het jy nie geweet nie en was dit vir jou groot “FAKE” nuus omdat ek jou nie belangrik genoeg geag het om dit mee te deel nie.

Toedels

wipneus23

Tuesday, July 28, 2009

Beloftes


Moenie beloftes maak wat jy nie kan nakom nie.

Vir elke belofte is daar 'n prys om te betaal.
Net soos eiers kan beloftes ook baie vinnig breek.
Mens moet net beloftes maak as jy doodseker is dat jy dit kan nakom. En as jy die belofte nakom doen meer as wat van jou verwag word.

"The man who promises everything is sure to fulfill nothing, and everyone who promises too much is in danger of using evil means in order to carry out his promises, and is already on the road to perdition." - Carl Jung

Om goeie vriendskappe en familiebande gesond te hou moet beloftes wat gemaak word nagekom word.

Alhoewel meeste van die tyd - was meer belowe as wat gegee was. Meer was gesê as wat gedoen is.

Ek dink mens moet stadiger met beloftes omgaan. Ek belowe nie sommer nie omdat ek nooit weet wat die dag van môre inhou nie. Net God weet. Maar as ek beloftes maak sal ek berge versit om dit na te kom.

Ek sê maar soos Napoleon Bonaparte gesê het: "The best way to keep one's word is not to give it." Sonder beloftes doen mens mos maar in elk geval jou bes as jy sien iemand het jou nodig of daar is iets wat jou aandag verg.


Mat 5:37 Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.

Esegiël 17:19 Daarom, so sê die Here HERE: So waar as Ek leef, Ek sal gewis my eed wat hy geminag het, en my verbond wat hy verbreek het, op sy hoof laat neerkom.


Daar is 'n nuwe blogmaat: Gaan besoek asseblief haar blog.



Lekker week almal!~
Groete

Saturday, July 11, 2009

Lag en Leef


Tydens die week se bybelstudie moes ons woorde neerskryf van die ander persone wat in ons gedagtes kom. Nou as my Beerman iets skryf dan let ek op, hy vat nie ompaaie nie en hy is altyd eerlik, veral met my.

Lag en Leef!!!




Lag en leef .....

Sulke ware woorde, waarmee ek nog altyd my lewe gelewe het. Die afgelope tyd op my nuwe reis het ek onbewustelik verander. Natuurlik het ek kwaai geraak en was glad nie lekker met my Teddiebeer wat sowaar vir my skryf ek moet Lag en Leef nie!! My aarde ek was die ontdekker van hierdie 2 woorde (begrippe) Ek lag en leef hard, oordadig en heeldag.

Nadat ek stilstuipe gevang het, en my brein rondgefladder het, om te verstaan wat hy verduidelik, het ek besluit om hom maar reguit te gaan vra. Teddie vertel toe vir my "Vrou jy kan so hard skaterlag dat jy almal om jou aansteek, maar jy doen dit nie meer so gereeld nie en leef? Jy vergeet om te lewe!!!"
Huh?

Wel ek het toe gaan sit en dink.... my lewe is ongelooflik besig die laaste tyd. Ek werk, moet in my gesin se behoeftes voorsien,en daar wees vir hulle, daar wees vir my vriende en vriendinne, my ma, ek moet na myself omsien en ek het 'n hele Bybel om deur te werk. Ek moet oefen, tyd maak vir my stokperdjies, lees, blogs, facebook, twitter en my huis moet vars blomme en 'n vroulike hand kry, ens ens dis heeltyd nodig om alles eksie perfeksie te hou!! Haaaaaaa!!!! daarsy!!!! Sien julle die laaste woorde? Eksie Perfeksie!!!

Dis waar my probleem lê, ek wil die perfekte vrou, ma, vriendin, christen, huisvrou, besigheidsvrou wees!! Niks maar niks mag ooit verkeerd loop nie. Dus nou kan julle dink ek hardloop soos 'n versteurde rond om heeldag alles perfek te hou. Dis so erg dat ek vergeet om te lag en te leef!!!

Dus hierdie week het ek nog 'n werk by gekry, of liewer ek moet net weer leer om lig te reis. Sprankelend elke oggend met oop arms te verwelkom. Soos my Teddie sê: wees weer stralend van geluk, geniet elke oomblik, elke blom en lag!!!

Die laaste tyd is ek nie baie gesond nie, ek het allerhande geite en pyne. Nou weet ek hoekom. Lag is en was nog altyd vir my soos antibiotika, ja, lag is die beste medisyne, dis 'n feit, nie 'n mite.

Die lewe gebeur met almal van ons, elkeen van ons ken seer en die lewe het al sy rowwe kant vir ons gewys maar......ek het geleer die beste manier om hierdie seer te verwerk is om dit weg te leef, positief te wees en vol humor te lewe. Dis aansteeklik. Onbewustelik gaan jy almal om jou aansteek om ook so te lewe.

Ons ken almal iemand êrens wat heeldag loop en kla en nooit eers glimlag nie. Dis nooit lekker om so persoon heeldag in jou lewe te hê nie. Dit maak mens negatief en sommer "sad" Behoede my!! Dit gaan my oud en afgeleef maak voor my tyd. Ek wil nie so wees nie!! Hierdie week is die week waar ek weer gaan begin Lag en Leef!!! Vol humor en poetse gaan ek weer my lewe leef. Sing, dans en wees gelukkig! Dis maklik, mens kan alles regkry met jou hand in Jesus sin.

Elke mens is verantwoordelik vir sy eie geluk! Mens moet leer om meer te gee en minder terug te verwag. Deel die heeldag liefde, lag en humor uit. Die lewe is 'n fees, en ons is deel daarvan!

Natuurlik kan ons nie altyd lag nie, daar is seer daarbuite. Mense kry swaar en ons is midde in 'n vreeslike resessie, maar mens moet dit probeer verwerk. Vra Jesus om jou te help met Hom aan jou kant, is alles makliker en gaan jy gou die moelike dinge agter jou sit.

Ons moet soos 'n kind deur die lewe travel!!! Hierdie week gaan ek my vriendinne opsoek, ons gaan koffie doen en elkeen moet sy "beste grappie" saambring. Ek en my Teddiebeer gaan weer begin om baie te lag en te lewe!!

Lag is jou goedvoel soldaatjies, dit skei die regte endorfiene af!


Jesus wil hê ons moet lag en leef, in oormaat tot ons die aarde verlaat. As ons daarbo arriveer sal Hy sê: Welkom tuis my kind, jy het die lewe geleef soos wat Ek wou gehad het!

Maak pad!!!! hierdie week begin ek weer leef en lag!! Ek het my vriende en vriendinne afgeskeep, ek verlang na ons tye waar ons soos kinders lag en grap!! Hemel ek kan nie altyd ernstig deur die lewe gaan nie, geen wonder ek lyk soos 'n verlepte angelier nie!!!

A group of kindergartners were trying very hard to become

accustomed to the first grade.

The biggest hurdle they faced was that the teacher insisted

on NO baby talk!

"You need to use 'Big People' words," she was always

reminding them.

She asked Chris what he had done over the weekend.

"I went to visit my Nana."

"No, you went to visit your GRANDMOTHER.

Use Big People' words!"

She then asked Mitchell what he had done.

"I took a ride on a choo choo."

She said "No, you took a ride on a TRAIN.

You must remember ! to use "Big People' words."

She then asked little Alec what he had done.

"I read a book," he replied.

"That's WONDERFUL!" the teacher said. "What book did you

read?"

[this is so hillarious]

Alec thought real hard about it, then puffed out his chest

with great pride, and said, "Winnie the Sh*it." (Winnie the pooh LOL)



Remember that there is no happiness in having or in getting, but only in giving. Reach out. Share. Smile. Hug


Ek het sommer nou begin... en ek hoor selfs die engele saam skaterlag!!



Lekker week!